Wie gaan my scoop?
September 18, 2010 in Sonder kategorie
Dames en Here
Later vanaand gaan ek die res van die media probeer scoop met hierdie blog. ’n Groot aankondiging kom vanaand tydens die galafunksie van die Versindaba op Stellenbosch.
Soos die gebruik is, word ’n paar mense vooraf ingelig wat moontlik te wagte kan wees.
’n Baie klein groepie boekmense sit dus al en toetsborde opwarm. Ek is een.
Ek wil egter aan ander bloggers ’n uitdaging rig: Kom scoop my! Ek mag niks sê, of doen, voor die aand nie om is nie.
Dit staan dus enige ander blogger vry om ook die aand by te woon en mý te scoop.
Wie gaan daar wees?
En vir enige een wat nié daar kan wees nie (Kobus Victor is die enigste Wes-Kapenaar wat ’n verskoning het), wel lees my blog en weet voor enige ander mens in die wêreld!
Ek moet al weer hardloop, maar mense, gisteraand se “Brief aan Suid-Afrika” was ’n belewenis.
Kom, kom kuier saam! Julle MIS iets.
Izak
pasella het gesê op September 18, 2010
Yolanda Barnard? Angola Badprop? (vir ondersoekende joernalistiek?)
jjanajj het gesê op September 19, 2010
ek wag in spanning!!! die aand is al verby, komaan, izak!!
Izakdv het gesê op September 19, 2010
Om 12:40 was die blogs nog aflyn, Jana. Ek het probeer!
Izakdv het gesê op September 19, 2010
Was lekker!
Izakdv het gesê op September 19, 2010
Jou dubbele B was toe in die kol!
Izakdv het gesê op September 19, 2010
Die vlieg in die self het WEL bedank en die prys sal dus nou toegeken word. Daar is TALLE MALE vewys na die probleem rakende die prys.
Izakdv het gesê op September 19, 2010
Of die rekenaars word gebruik …