by

Viva Melt!

Junie 28, 2010 in Sonder kategorie

Melt het Vrydagaand sy digbundel, Oewerbestaan, bekendgestel. Dit was ’n koue, mistige aand in Stellenbosch – veel anders as die ekspansiewe landskappe waaroor Melt dig. Ek het ‘n paar foto’s geneem.

 

Die wyn was puik, die sop was heerlik, die brood was voortreflik.

Die boek het BAIE goed verkoop.

Maar, ons het nie nét geëet en gedrink nie.

 

Rachelle Greeff het ’n baie oulike “brief aan Melt” voorgelees – oor sy bundel.

 

Dorothea van Zyl het met baie trots die nuweling verwelkom.

 

Neïl Rademan het toonsettings gesing en … Melt het voorgelees!

Koop die boek, jy gaan nie spyt wees nie.

4 antwoorde op Viva Melt!

  1. Berwick het gesê op Junie 28, 2010

    🙂

  2. Hey Melti!!

  3. VozSola het gesê op Junie 28, 2010

    Thanks Izak…
    “Melt, skat…tonne geluk met hierdie een terwyl ons wag vir die volgende vrag woorde van jou! – Liefies. Sue”

  4. SureSlim het gesê op Junie 29, 2010

    Baie dankie, Izak en Protea Boekhuis en almal wat daar was. Dit was vir my ‘n onvergeetlike ervaring.

Los ’n antwoord vir VozSola. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.