by

Ek is in die Huisgenoot

Junie 7, 2010 in Sonder kategorie

My een week van roem en glorie het gekom! Ek is in die Huisgenoot. ’n Hele bladsy! Wow!

Nee. Dis nie oor hulle my en die skelmpie afgeneem het nie! Hulle het, om die waarheid te sê, dieselfde foto gebruik as wat ek hier vir my Avatar gebruik. Awie Badenhorst het dié foto geneem. (Ben du Toit, skrywer van God? Geloof in ’n postmoderne tyd, sê mos: “Daardie foto laat jou 25 IK-punte slimmer lyk as wat jy regtig is.”)

Nou ja. Ek is in die Huisgenoot! Foto en al.

My ma SMS ewe: “Het wragtie vanmore ’n Huisgenoot gekoop (en gehoop niemand sien my nie).”

Ag nee, wat. Deesdae is die Huisgenoot ’n gerespekteerde literêre naslaanbron. Koop die ding! En koop die boeke wat hulle bespreek!

So: Koop die Huisgenoot, mense. Die 10 Junie s’n, maar hy was Saterdag al op die rakke hier onder in die Kaap.

9 antwoorde op Ek is in die Huisgenoot

  1. DroomKind het gesê op Junie 7, 2010

    Ek het ook die ‘gerespekteerde naslaanbron’ na donker by ‘n verlate vulstasie gaan koop! 😛

  2. plankloper het gesê op Junie 7, 2010

    Gerespekteerde literere naslaanbron… Magtag! Ek is dadelik op pad Spar toe!

  3. UNPOCO het gesê op Junie 7, 2010

    Wel, ten minste gaan Huisgenoot se verkope sky-high wees hierdie week.

    En vir een week en net hierdie week “is die Huisgenoot ’n gerespekteerde literêre naslaanbron”

  4. zette het gesê op Junie 7, 2010

    Geluk! Ek sal loer waar jy is… (En nét laas week het ek besluit ek koop nie meer die dekselse tydskrif nie!)
    Ps En hoekom word die Kapenaars nou weer voorgetrek? Ons huisgenoot kom eers Maandae uit!

  5. kobusvictor het gesê op Junie 7, 2010

    Ek is darem bly dat jy om die regte redes in die HG is. Geluk!

  6. zephur het gesê op Junie 7, 2010

    Ok sal bietjie loer…ok kyk in die Huisgenoot vir die artikel.

  7. shlwanjan het gesê op Junie 7, 2010

    Mooi so, ek sal loer {-;
    (Ek het darem al ‘n brief in die Huisgenoot gehad…hulle het al die kritiek uit ge-edit en al die nice goeters wat ek gesê het, geplaas…)

  8. HarryLouw het gesê op Junie 8, 2010

    Dis harde werk vir ‘n skrywer om in die Huilgenoot te kom. Daar is soveel ander sangers en Kunstenaars wat voorkeur geniet. Jy gaan nou plekke broer.

  9. Izakdv het gesê op Junie 18, 2010

    Roem en glorie nou verby…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.