by

Tyd vir ’n geïntegreerde opposisie

April 9, 2010 in Sonder kategorie

Ek dink dis tyd dat ons sommige jong vuilbekke in die ANC ’n snotklap gee, want dis wat hulle verdien. Net soos ET geen held was nie, en dus glad nie die skielike odes aan hom verdien nie, so verdien die ANC-jeugliga nie die status wat hulle het nie.

Ek vrees egter niks gaan verander totdat Suid-Afrikaners van alle rasse en alle gelowe begin saamstaan nie en kyk na ’n  ware opposisie. ’n Opposisie wat die mag het om die ANC terug te klap in die vergetelheid.

Dit kan: As die FF+ en Solidariteit kan hande vat met die SAKP en COSATU, dan kan iets begin gebeur. Plaas daarmee saam die ID, die DA en COPE . . .

Maar, nota bene, ek druk vir ’n begin van veelpartysamewerking vanuit die FF+ en die SAKP. Albei partye het hoogs intelligente leiers, albei het integriteit. Albei verstaan opposisiepolitiek en albei verstaan koalisiepolitiek.

Die ID, DA en COPE kan later bykom.

Komaan Suid-Afrika, kom ons begin agiteer vir ware verandering! Maar die enigste manier om dit te doen, is om ons rasbehepte, kleinlike idees op te skort en uit te reik na ander wat werklik dieselfde is, maar net in ander kleurkombinasies kom.

Viva ’n snotklap vir die regerende idiote!

23 antwoorde op Tyd vir ’n geïntegreerde opposisie

  1. BertieDuP het gesê op April 9, 2010

    Izak, opposisie’partye integreer baie moeilik, dwarsdeur die geskiedenis. Op sy beste baklei hulle afsonderlik en sluit na die verkiesing ‘n koalisie. Ek is egter bevrees by ons gaan wit mense die rol van Jode in Nazi Duitsland. Ongeag die verskille in die aliansie sal hul tot op die laaste wittes as vyand posisioneer om mag te behou.

  2. bigbigjoe het gesê op April 9, 2010

    Die FF+ en die SAKP, Izak? When pigs fly. Wat het jy gerook gisteraand? Kom ons wees nou maar eerlik oor die boerenasie- soos ek iewers gelees het (ek dink dit was Breyten se opinie) wqs daar nooit werklik voortrekkers nie- net dwarstrekkers en draadtrekkers- en dit geld vandag nog. Die dwarstrek-geen is deur ons Hollangse voorouers in ons ingeteel.

    En wat die kommuniste betref, wie steun jy? Die Staliniste? Die Neo-Staliniste? Die Marxiste? Die NEo-Marxiste? Die hergebore Neo-Marxiste? DIeTrotsky-iete? Of enige van die Mao variate? Praat van n verkleurmannetjie op n Smartieboks…

  3. Moeder Raaf het gesê op April 9, 2010

    Izak, ek hou baie van jou gedagtes, dit praat my taal.

    Die probleem wat ek sien, is ons Afrikaners (of Afrikane as jy wil) se welbekende geskiedenis van dwarstrekkery. Dit kom mos al van ver af.

    Maar, as jou gedagtes kan realiseer, sal dit Utopia wees.

  4. iduplessis het gesê op April 9, 2010

    Jy is reg, die ANC het ‘n hengse skeur nodig as mens enigsins ‘n duik wil slaan. Die probleem is egter dat Cosatu nie politieke belange dra nie. Hulle is ‘n vakbond wat hulle lede se werksbelange op die hart dra. Waarvan die meeste ANC-gesind is.

    My vraag is of Cosatu die politieke invloed het om hulle lede te oortuig om polities anders te dink?

    Ek meen dat hulle geweldig invloed het. Maar hulle gebruik daardie invloed om die party waarmee hulle in alliansie is te drukgang tot hulle lede se voordeel. Hulle sal bitter moeilik uit daardie posisie beweeg ten spyte daarvan dat hulle soms dreigende geluide maak.

    Die SAKP is dalk ‘n ander storie. Maar wys vir my hoe selfs iemand soos Pieter Mulder oortuig kan word om saam met hulle in die bed te spring.

    Maar sê nou hy doen dalk, gaan sy volgelinge dit beslis nie doen nie. Die reaksie op sy pos in die kabinet het dit deur en deur bewys.

  5. UNPOCO het gesê op April 9, 2010

    Izak, vandag is jy die man so na my hart. Ons het definitief ‘n sterk opposisie nodig maar wie gaan die leiding neem? Integrasie van partye sal ongelukkig altyd ‘n droom bly want almal WIL baas wees. Ek wonder wat is Cosatu se gevoel oor Malema?

  6. bloukaap het gesê op April 9, 2010

    geïntegreerde opposisie ? hey Izak …..aikona, sallie kommie, sallie weesie ……. die slak soek meer sout assie potjie. sorry Boet. dis hoeditis. groete

  7. Wens dit kon werk…..

  8. Jy verwag baie. Jy verwag die gemiddelde Suid Afrikaner wat nog nooit geleer het om onafhanklik te dink, moet skielik grystof vergader en optree. En dit strek oor die hele spektrum.

  9. pasella het gesê op April 11, 2010

    Ek wens dit konwaar word…Ek vrees ek deel Ghaap se siening.

  10. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Jy’s natuurlik reg oor die geskiedenis se warsheid aan koalisies. Tog begin plekke soos Nederland hulle redelik goed gebruik.

  11. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ek kan nie met jou stry nie, Moederraaf!

  12. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Jip, daardie twee is natuurlik albei sterk op ‘n klein nasie gebaseer… Maar, inderdaad!

  13. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Jy’t ‘n baie sterk punt in jou laaste paragraaf – eintlik oraloor.

    Jou lees van Cosato se rol is ook baie akkuraat.

    Ek wens net dat die werkers ‘n bietjie hulle moere wil strip … en dat Solidariteit wil wakker word en aansluit!

  14. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Hmm. Ek hoop ook op ‘n Cosatu/SAKP-skeur. Dan sal hulle Malema in sy maai stuur, of hy wil of nie!

  15. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Cosatu PES Malelema, soos ons almal!

  16. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Jy’s natuurlik reg, ek droom seker. sug

  17. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ek ook!

  18. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ek sal gaan kyk daar. Maar, nee, hulle is nie sterk genoeg nie!

  19. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Bitterbek, jy’s heeltemal reg. Vrees ek!

  20. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    En ek vrees ek kan bewyse kry dat hy verkeerd is nie!

  21. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Joe, die *** Letterdash het my antwoord geëet.

    So, in het korte, hier is dit weer:

    SAKP is deesdae sosiaal-demokrate en ek ken ‘n paar ongelooflike slim mense in die SAKP.

    Ek dink ook baie van iemand soos Pieter Mulder, al sal ek nooit self FF+ stem nie.

    Nou, ja! (Sal dit help as ek rook?)

  22. BertieDuP het gesê op April 13, 2010

    Izak, ja, maar my punt is eerder na ‘n verkiesing as daarvoor – logies maak dit ook meer sin. Dit gee jou kans om voluit te baklei sonder afgewaterde beginsels en dan na die tyd kompromieë te maak. Hoe dit ook sy nssionalistiese partye is organismes van ‘n “special kind.”

  23. Izakdv het gesê op April 13, 2010

    Jy’s reg!

Los ’n antwoord vir Izakdv. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.