by

Is “Kill the boer” ’n grondwetlike reg?

April 6, 2010 in Sonder kategorie

In my vorige inskrywing oor ET het ek dit duidelik gemaak dat my basstem gevoeg word by die koor wat vinger wys na Malema as ons na plaasmoorde kyk. Ek staan steeds daarby, maar ek wil ’n ander standpunt ook hier stel: Dit is positief dat die ANC die reg om “Kill the boer” te sing aan die grondwet wil meet.

Hoe dan nou? Het ek daggatee gedrink? Nee. Inteendeel.

Daar is talle mense wat opgewonde is oor die grondwetlike toets wat die ANC wil loods, al is hulle hóé kwaad vir Malema.

Kom ek verduidelik: As die ANC bereid is om vir vryheid van spraak hof toe gaan, dan kan dit ons almal tot voordeel wees. Die ANC moet dus versigtig wees: As hulle die saak wen, sal hulle skynbaar nie die AWB, die DA of die uwe daarvan kan weerhou om uitsprake teen die regering te maak nie.

Daar was die afgelope ruk talle aanduidings dat die regering allerlei drakoniese wette wou deurdruk wat op persvryheid en op artistieke vryheid sou inbreuk maak. Van die wette het die ou Nasionale Party se sensuurrade na kinderpartytjies laat kyk.

As Malema dan mag vra dat boere doodgemaak word, sal die ANC sukkel om aan ’n regter te verklaar hoekom die einste boere nie oproepe van weerstand mag maak nie.

Hulle sal mý dan beslis nie kan aankla as ek teen Malema of Prez Showerhead uitvaar nie.

Ek is nie ’n regsgeleerde nie. Vir ’n baie deeglike, maar toeganklike, stuk regsopinie lees gerus hoe ’n prokureur Professor Pierre de Vos se standpunt hieroor bespreek. 

Ek is egter ’n filosoof en die vraag wat ék wil vra is: Hoe ver mag ons dit dan vat?

Mag die inwoners van Langa of Diepsloot weer begin sing: “Maak dood die buitelanders!”? Sal die Suid-Afrikaners vryheid van spraak swaarder weeg as die buitelanders se reg om veilig te wees?

Ek het ’n spesmaas dat Malema op ander gronde wel deur die hof stilgemaak kan word. Ek dink die boere staan ’n baie goeie kans om ’n bevel teen Malema te kry waarin hy belet word om hulle reg op lewe in gevaar te stel – in watter vorm ook al. Dít mag nou interessant wees.

Intussen moet die ANC twee goed doen:

  • Hulle moet Malema ’n moerse klap gee en hom belet om mense se lewens in gevaar te stel, en
  • Hulle moet my en jou vryheid van spraak waarborg.

As hulle dít nie doen nie (sal hulle?), moet Agriforum die reg op ’n veilige lewe in die grondwethof toets. Malema, die jeugliga, die ANC en Prez Showerhead sal die respondente moet wees.

30 antwoorde op Is “Kill the boer” ’n grondwetlike reg?

  1. Ja en dieselfde trant sal woorde soos die verbode woord wat met K begin dan ook vryheid van sprrak kan wees – het hulle daaraan gedink? Ek twyfel.

  2. Toe ek die storie hoor was my eerste gedagte dat Oom Eugene ons Suid Afrikaanse Martelaar is, Net soos arme Stefanus in die Bybel..maar dat soos Stefanus se storie deur die eue behoue gebly het ook Oom Eugene s’n sal..Hoop goeie dinge kom van die storie..

  3. g.annandale het gesê op April 6, 2010

    Soos jy sien. Daar is niks positief nie. Daar is ‘n wet vir die ANC en ‘n wet vir ander.

    Lees maar wat Simelane doen.

  4. Neander het gesê op April 6, 2010

    Die karnallies sal alles in die stryd werp om hulle sin te kry.
    Ek dink die saak is heelwat dieper as wat mens dink. Die swart bewussyn/identiteit het steeds ‘n minderwaardigheidskompleks, want BEE en AA werk nie en die blankes het steeds die tegnologie en grond.
    Hulle weet diep in hulle harte die westerse beskawing is superieur en dit maak seer.

  5. katrina het gesê op April 6, 2010

    Op ‘n ligter noot: ek smaail vir jou voorstel oor die klap. Dis wat ‘n mens ‘n AAK sou noem, in hierdie land van ons: ‘n Attitude Adjusting Klap.

  6. zephur het gesê op April 6, 2010

    Stem ja…want dit herinner ons ook mos vanwaar ons kom en van die verlede.

  7. Murphs, jy slaan die spyker op die kop. Die ware toets gaan in die uitvoering en eerbiediging van uitsprake wees. In Zimbabwe is (voor die regbank totaal ‘skoongemaak’ is) ook uitsprake teen bv grondbesetting gegee. Die uitsprake is doodeenvoudig geignoreer en daar is voortgegaan om na die wil van politieke leiers te dans, sonder vrees vir die reg.

  8. HeavyHenry het gesê op April 6, 2010

    Lekker een die. Dankie virrie skakel.

  9. Trakie het gesê op April 6, 2010

    Dis presies die oorsprong van baie van ons probleme: Die westerse beskawing ag hulself as superieur.

  10. UNPOCO het gesê op April 6, 2010

    Die ANC maak die hele storie baie meer ingewikkeld nie net omdat hulle wil nie maar omdat hulle die mag het om dit te kan doen en hulle wil daardie mag tot op die letter uitoefen. Hulle wil ook hierdie mag in ons gesigte gooi en sê “kry vir julle, pê wê wê”. Maar ongelukkig breek hulle met hulle pê wê wê houding elke greintjie van vordering in transformasie vinniger af as wat dit oor die afgelope 20 jaar gebou is. Ek sak my kop in skaamte vir hierdie sogenaamde leiers van ons land en kan nie help om te sê: Ek sal wat wil gee om te hoor wat is Mnr Mandela se opinie daaroor nie.

  11. Trakie het gesê op April 6, 2010

    Ek het gaan lees. Insiggewend.

  12. abrham het gesê op April 6, 2010

    en op die ou einde van die dag gaan die bulle weer die naweek slae kry

  13. sprokie het gesê op April 6, 2010

    Interessant, en effens ingewikkeld. Het nooit so daaraan gedink nie, maar klink of hul wragtig hulself in die voet gaan skiet op die ou end.

  14. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Newsferret, dis die punt. Hulle besef nie!

  15. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Presies, Zeppie

  16. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Nee, wat Katryn. Hy was ‘n takhaar.

  17. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ja, maar die wet het ook sy kloue, lees maar wat AgriForum doen aan Zimbabwe se bates in SA.

  18. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Okay! Ek sal, dankie!

  19. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ek weet darem nie. Ek dink dis te eenvoudig. Is Mandela Westers of Afrikaan? Waar trek jy die streep? Wat van Obama? Wat van Abdul Ibrahm?

  20. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Wonderlik, Kazi!

  21. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ek hou daarvan, Katrina!

  22. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Jip, jy’s reg!

  23. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Ja, en Pieter se waarskuwings is ook duidelik. Maar moenie die krag van die reg onderskat nie. Selfs in Zim kan Bob steeds nie alles doen wat hy wil nie. (Ek weet dis ‘n bietjie mostert na die maal, maar steeds.)

  24. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Plesier, Henry

  25. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Dis ‘n baie weldeurdagte antwoord, Spekbek. Tog … dis slim mense wat saamstem met die ANC op die een. Lees ‘n bietjie wat die regsgeleerdes sê.

  26. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Presies. Jy’s reg!

  27. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Altyd terug na die essensie, nie waar nie!?

  28. Izakdv het gesê op April 12, 2010

    Hulle kan, hoogheid!

  29. HeavyHenry het gesê op April 13, 2010

    *LMGA* “Takhaar” is ‘n woord wat ek laaaank laas gehoor het!

  30. AsCoetzee het gesê op April 17, 2010

    As die ANC hul sin in die hof kry met, “Skiet die Boer”, sal ons seker ook nie meer “Bobbejaan klim die berg” mag sing nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.