Pictures of you
Februarie 7, 2010 in Sonder kategorie
Julle MOET, MOET, MOET hierdie stuk sien. Ek was gisteraand by ’n vertoning van Pictures of you in die Baxter. Waaragtig, mense, dis ’n belewenis.
Nie ’n woord word gespreek nie. Dis net mense (met maskers), marionette, musiek, klank en beligting – alles is geweldig simbolies, maar tog ook maklik om te volg.
Eintlik wil ek nie veel oor die stuk sê nie, want die idee is dat jy dit moet BELEEF. Die uwe is gelukkig – ek het al baie – en baie goeie – verhoogstukke gesien, en ek was self al op die verhoog … Tog moet ek julle sê hierdie een het my kop laat draai.
Dit handel oor ’n getroude paartjie se lewe en elkeen se onderdrukte drome.
Wees gewaarsku: Dit is GLAD NIE vir kinders nie. En dele daarvan is ontstellend.
Maar, mense, dis die moeite werd!
Marita van de Vyver skryf oor sulke poppe in Griet kom weer.
(Ek is – soos gewoonlik – weer ’n Johny come lately; iemand anders het al hieroor geblog, maar ek kon nie nou die skakel opspoor nie.)
Dit sal weer op Grahamstad wees. Hou julle oë oop in ander dele van die land.
Rob Murray en Liezl de Kock het die stuk geskryf, Rob Murray het die idees verder ontwerp en die regie behartig, hy het ook die ligte gedoen. Janni Younge het die maskers en die marionette gemaak. Die klank is deur James Webb gedoen.
Liezl de Kock en Dorian Burnstein speel die twee karakters.
Dit speel nog net tot 13 Februarie in die Baxter.
DallaSePa het gesê op Februarie 7, 2010
HOEKOM HOEKOM HOEKOM … nee, ek spot sommer I.
Gaan dit goed met jou?
Izakdv het gesê op Februarie 8, 2010
Goed, dankie, net vrek besig!
Izakdv het gesê op Februarie 8, 2010
Enjoy!
jvdw4 het gesê op Februarie 9, 2010
Dis iets wat ek sal wil beleef . . . gaan uitkyk vir ‘n geleentheid!
Izakdv het gesê op Februarie 15, 2010
Geniet, Johan. Dis iets besonders.