Vier Manto se dood met ’n boek
Desember 29, 2009 in Sonder kategorie
My ma het my geleer dat, as ’n mens niks goeds te sê het oor iemand nie, dan bly jy liewer stil. Dis hoekom ek nog niks oor Manto se dood gesê het nie.
Ek wil egter twee boeke en ’n koerantberig noem wat hulle eie stories praat. Koop die boeke en vier die feit dat sy ons nie meer kan terroriseer nie.
Die eerste wat ek wil noem, is Johny Steinberg se boek Three-Letter Plague.
Steinberg is ’n bekroonde skrywer en julle kan dus weet dat die teks, keurig uitgegee deur Jonathan Ball, die moeite werd gaan wees om te lees.
Three-letter Plague handel oor ’n MIV-kliniek wat begin is deur Herman Reuter. Die kliniek het egter allerlei probleme opgetel vanuit die gemeenskap – en vanaf Manto se boelies in die provinsie.
Steinberg vertel egter die storie uit die perspektief van ’n jong man wat gaan hulp soek het by die kliniek. Julle kan dink hoe moeilik dit is vir iemand wat dit waag om te gaan hulp soek, en dan kom die staat en neuk die mense op wat jou lewe wil probeer red.
Die volledige titel is: Three Letter Plague: A Young Man’s Journey Through a Great Epidemic.
Koop dit gerus.
Die tweede wat ek wil noem, is Dare to Care.
Dit Thys von Mollendorff se storie. Hy het verkragtingslagoffers behandel met teen-vigsmiddels – volgens die staat se eie riglyne. Toe fire die MEC van Mpumalanga hom.
Hy het na baie jare die hofsaak gewen, en dit is sy storie dié.
Dare to care deur Thys von Mollendorf is baie anders as Three-letter plague, maar beslis die moeite werd om te lees as jy in dié goed belangstel.
Besoek die webruimte http://www.dare-to-care.co.za/ om hierdie boek te bestel.
Laastens ’n kort artikel oor ’n meisie, tienermeisie Bianca, wat elke dag moet pille drink omdat Manto geweier het om haar ma te behandel. Lees dit gerus, kliek hier.
Dit is so onnodig. My seun se biologiese ma was ook MIV-positief, dis hoekom sy hom laat aanneem het. My knaap is egter heeltemal gesond, want sy ma was gelukkig om mense te ken wat haar behandel het tydens sy geboorte.
Manto is nie meer nie, maar mense soos Bianca sal lewenslank met haar skaduwee moet saamleef.
(Sien julle, ek het niks leliks oor Manto gesê nie 😉
Doubtingthomas het gesê op Desember 29, 2009
Môre Izak, ek bewonder jou selfbeheersing…
🙂
g.annandale het gesê op Desember 29, 2009
Om stil te bly uit respek of wat ook al veroorsaak dat wreedaards helde word
Sien:
http://letterdash.com/g.annandale/manto-beetroot-and-toast-an-eulogy
ilsesalzwedel het gesê op Desember 29, 2009
Man, jy’s so diplomaties! Sal graag Thys van Molendorf se storie wil lees. Het altyd gedink hy word so ongelooflik sleg behandel terwyl hy werklik vir sy naaste omgee.
DroomKind het gesê op Desember 29, 2009
Ek stem saam met Thomas, jy het beslis meer selfbeheersing as ek! Groete daar by die huis 🙂
ludibotha het gesê op Desember 29, 2009
Ek ken Dr Thys persoonlik, en ek kna julle nie vertel deur watter hel hy en sy gesin gegaan het na sy ontheffing uit ons staatshospitaal nie. Maar hy is daar deur, en hulle doen wonderlik.
louisna het gesê op Desember 29, 2009
Kalm, beredeneerd en sekuur kom jou vlymskerp boodskap deur.
jannel1 het gesê op Desember 29, 2009
Jan se verkope aan aartappels, beet en knoffel ken geen einde nie. Sal julle nou ophou om my oorle markagent so subtiel te beskinner!
🙂
Rosiemaryn het gesê op Desember 29, 2009
…goed geleer!!!
Ek hoop dat dit goed gaan? Voorspoed vir ‘n wonderlike en gelukkige 2010!!
pinkpolkadot het gesê op Desember 30, 2009
Hoop dat al jou drome bewaarheid sal word in 2010!!
Ou-Top het gesê op Desember 30, 2009
Ek is bly om te hoor dit gaan goed met Dr. Thys von Mollendorff. n Man van beginsel, hulle raak skaars.
Berwick het gesê op Januarie 4, 2010
Alles van die beste in die nuwe jaar, Izak.
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie, Thomas!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie, Droom! Ons gesels weer.
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
I did read it. Goed geskryf!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Lees gerus Thys se stuk!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Ek is bly om te hoor dit gaan goed met Thys!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Ek hoop vandag s’n maak op!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie! Jy ook.
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie! Mag jy ook ‘n mooi een hê.
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Inderdaad!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie, Therina, julle ook!
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Dankie, Berwick! Mag 2010 jou kreatiwiteit ook steun!