by

Chris Louw die gekruisigde

Desember 4, 2009 in Sonder kategorie

Ek het Woensdagaand lank gesels met iemand wat Chris en sy gesin baie goed geken het. Omdat die gesprek so bitter privaat was, gaan ek die meeste verswyg, maar twee goed wil ek deel.

Ten eerste, ons weet nie regtig hoekom nie. Selfs Chris se vrou en dogter weet nie werklik wat op daardie oomblik gebeur het nie – wees dus versigtig vir die media se stories.

Ten tweede iets wat die titel van hierdie blog bewerkstellig het: My vriend is ’n teoloog – en Chris was nie ’n gelowige mens nie. Tog was Chris gereeld in kontak met hierdie vriend van my. Een dag het Chris hom – baie moedeloos – gebel en gesê: “Ek weet niks van die teologie nie, maar ek weet hoe dit voel om gekruisig te word.”

Chris was ’n mens wat baie maklik seergekry het – en dikwels “gekruisig” is deur Afrikaanse sentimente en deur die nuwe diknekke wat nie ons demokrasie wil onderhou nie.

Helaas.

Ek wil graag afsluit deur ’n aantal skakels te noem:

Andriette Stofberg, wat destyds die Boetman-brief in Beeld geplaas het, se brief aan Chris is vol deernis en weemoed.

Kammakazi het ’n baie aangrypende huldeblyk aan Chris gedig.

’n Klompie skrywers, waaronder Breyten Breytenbach en André P. Brink, het ’n ope brief geskryf oor Chris se dood.

Oubout wil proaktief iets doen – juis om te keer dat daar nie meer ongevalle is nie.

Adriaan B praat oor sy hartseer.

Hennie van Deventer onthou die positiewe Chris en die brandbek-Chris (kyk self na die spotprent oor laasgenoemde).

Laastens, heel gepas, Chris in sy eie woorde: Lees die laaste rubriek wat Chris voor sy dood geskryf het.

16 antwoorde op Chris Louw die gekruisigde

  1. katrina het gesê op Desember 4, 2009

    Izak, selfmoord sal altyd tragies wees en mense se opinies daaroor en oor die persoon wat selfmoord gepleeg het is nog meer tragies en baie hartseer. Hierdie jaar het twee mense uit twee verskillende groepe in ons lewens selfmoord gepleeg en dit was verpletterend vir al die betrokkenes. Selfmoord is ‘n uiters komplekse finale besluit en dis jammer dat mense dink hulle het ‘n opinie (gewoonlik negatief) daaroor.

  2. Maghitta het gesê op Desember 4, 2009

    ander se gedagtes en denke sal nooit aan ons openbaar word nie, niemand weet regtig wat gaan deur iemand se gedagtes op daardie oomblik nie, ek het al my jare gesien dat die wat dreig met selfmoord nooit oorgaan tot die daad nie maar die wat stilswye handhaaf en sy laste self probeer dra dit is gewoonlik hul wat die daad onverwags doen,….

  3. Neander het gesê op Desember 4, 2009

    Goeie mening.

  4. Ek reken dat hy een van die min ondersoekende joernaliste van ons tyd was. Synde self ‘n teoloog, het ek geen besliste standpunt oor die daad van selfmoord. Wie weet wat in daardie laaste oomblikke deur ‘n persoon se gedagtes gaan? Wat het die dun draadjie laat breek en die onomkeerbare werklikheid word?
    Ja, dit is vir die mense wat agterbly nooit lekker nie. Die vrae bly vreet aan jou gemoed. Die fronse verdiep, maar die antwoorde ontwyk jou.
    Dit is waar dat hy ‘n beroering veroorsaak het. Ek het ook dit beleef, maar altyd gemaan dat ons moet hoor wat hy sê. Dit is nie ‘n toneelspel nie. Dit is realiteit dat sy geslag so voel. Maar tevergeefs. Dit maak vir my as Afrikaner moerig dat ons ons doof en blind hou vir die werklikheid en reken dat ons al die wysheid in pag het. Ja, hy het self erken dat sy brief emosioneel gedrewe was, maar is die emosie nie dikwels meer eerlik en werklik as die rasionele beredenering nie?
    Dankie Izak, vir hierdie bydrae.

  5. Mens kan nie iemand wat selfmoord pleeg sonder meer veroordeel nie.
    Ek dink, en dis ‘n persoonlike mening, dat Chris moedeloos geraak het en dat dit ‘n bydraende faktor was.
    Ek het hom nie persoonlik geken nie, maar na ek hom in Rian van Heerden se geselsprogram op Kyknet beleef het, was ek van voor af ‘n groot “fan” van hom.

  6. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Dankie! Ek stem Katrina, en met jou ook Neander.

  7. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Inderdaad!

  8. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Daar is ongelukkig ‘n lang geskiedenis tussen hom en Antjie.

  9. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Dankie, Ghaap.

  10. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Dankie, Kobus, vir hierdie deeglike inskrywing.

  11. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Ek stem dat ons nie kan veroordeel nie.

  12. Izakdv het gesê op Desember 6, 2009

    Sela, Kazi. Ek stem volmondig saam.

  13. veralda het gesê op Desember 6, 2009

    toe ek verlede week hoor dat die (self)moordwapen ‘n AK was, noem ek aan ‘n vriend dat ek dink dit is ironies dat hy ‘n AK gekies het. ek sien dit is vir Andriette Stofberg ook raar.
    chris louw was soos een van daai doringbome op sy plasie, diep gewortel, maar dan een dag vir (g)een of ander rede stop alles en is die koelte weg en die son brander harder as ooit op die rooi aarde

  14. sprokie het gesê op Desember 7, 2009

    Voel soos gister toe die Boetman brief verskyn het… Hartseer ne?

  15. Izakdv het gesê op Desember 13, 2009

    Mooi gestel, Poppie

  16. Izakdv het gesê op Desember 13, 2009

    Inderdaad, Hoogheid

Los ’n antwoord vir katrina. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.