Mooiloop, bebliksemde Boetman
Desember 1, 2009 in Sonder kategorie
As ek nou ’n digter was, soos Kammakazi, sou ek ’n gedig wou skryf. Ek is nie. Daarom dus net ’n kort nota waarin die hartseer van ’n ontydige dood bekla word.
Chris Louw het styl gehad. Om homself met ’n AK die lewe uit te help, sê nogal iets oor hom.
Jip, Boetman kon ’n bliksem wees.
Ek het baie met hom te doene gekry in die tyd toe die Boetman-debat losgebars het. LitNet was ’n kardinale aar vir Chris se woede op daardie tydstip.
En dis juis daar waar Chris my een oggend wou toets. Hy vuur weer een van sy branders af, maar teken dit Chrisjan en … stuur dit van sy buurman se rekenaar af.
Nou, enige een wat iets weet van die joernalistiek, weet dat jy jou bronne mooi deeglik nagaan. Daar is kodes wat ons volg. Chris was bekend daarmee. In die tyd toe die ANC ’n verbanne organisasie was, moes jy weet waarna om te kyk, anders kon ’n apartheid-dude namens die ANC ’n verdoemende verklaring uitreik. (Vandag doen Julius dit sommer.)
Chris was die moer in toe ek sy brief in twyfel trek, en stuur toe van sy eie rekenaar af ’n moerse opvolgbrander teen hierdie klein snotkop!
Ek het maar koel geantwoord dat ek bloot die protokol volg wat hy, Chris, ook sou toepas onder die omstandighede.
Ek het die toets geslaag. Chris was daarna altyd vriendelik met my.
Nou ja. Dis maar een staaltjie en dit vertel niks oor die wonderlike werk wat Chrisjan Louw in Suid-Afrika gedoen het nie. Sy dryfkrag en sy hardkoppige geloof in ’n demokratiese Suid-Afrika het baie gehelp om die warse Afrikanerpsige te help draai.
Ek vermoed sy teleurstelling in die diknekke wat die demokrasie wil kaap, het bygedra tot sy dood. Sy gekose wapen sê iets vir ons.
En nou is hy dood. ’n Spies het geval – Chris sou geweet het wat dit beteken.
Ek weet nie hoekom hy dood is nie. Ek weet net dit is hartseer dat ’n man met soveel talent uitgewerk is uit die SABC.
Hamba Kahle, Boetman. Laat die donderslae dreun oor Pretoria.
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Inderdaad, Flenters
kobusvictor het gesê op Desember 1, 2009
Hamba Kahle, Boetman. Ek groet hom ook met die mooiloop! Ja, hy het die bloeddruk van baie opgejaag, maar terugskouend – soos in die geval van baie ander “profete” soos oa oom Bey – was hulle tog reg. Ek salueer hom. En dat dit ‘n AK was, het my ook opgeval. Ironies? Dalk die verkeerde woord.
Lekker aand. Ek gaan ‘n glasie rooiwyn op Boetman skink!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Kobus, ek dink ek gaan ook ‘n glasie skink. Saluut!
DroomKind het gesê op Desember 1, 2009
‘n Skokkende en geweldige groot verlies!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
seg jy.
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
dis vir my hartseer
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Ek kan dit nie beter sê nie, Lo-Ammi
Neander het gesê op Desember 2, 2009
Ek het die debat ook oor baie maande gevolg en ek dink hy het net soos Breytenbach die psige van die mens (ANC) onderskat.
Die mens bemagtig homself deur manipulasie van teorie, ideologie en intellek.
Lees gerus sy laaste rubriek in Beeld vandag.
Die getalle-oormag is nou te groot, maar uiteindelik sal dit die Chinese wees.
loudavisi het gesê op Desember 2, 2009
Jou laaste sin laat my met hoendervleis en trane.
Dis se tragies.
Tot watter hoogte moet mens styg of watter laagte moet mens daal om dit reg te kry.
Izakdv het gesê op Desember 2, 2009
Inderdaad, Ghaap. Hy was dapper. Hy’t werklik baie gedoen vir Afrikaans ook.
Izakdv het gesê op Desember 2, 2009
Ek gaan nou die artikel lees, dankie Chaap.
Izakdv het gesê op Desember 2, 2009
Of, soms net disekwilibrium bereik …
Izakdv het gesê op Desember 2, 2009
Dankie, Kazi. Het gelees. Ek kon nie beter nie.
Ou-Top het gesê op Desember 2, 2009
Mans pleeg gewoonlik net selfmoord oor n ongeneeslike siekte of finansiële probleme.Laasgenoemde is ook gewoonlik omdat die man nie meer vir sy vrou en kinders kan sorg soos hy altyd gedoen het nie. Onregverdige ekonomiese moord op n uitstekende joernalis? Natgereën in n ou hoenderhok het hulle hom gekry. Ja, hierdie ouboet is de bliksem in hier waar hy sit. Sulke manne is yl gesaai in ons samelewing.
louisna het gesê op Desember 3, 2009
Lees op die stoep asb.
Izakdv het gesê op Desember 3, 2009
Ou Top, ons sal nooit weet waarom hy dit gedoen het nie. Maar jy’s reg, daar is min soos Chris.
Izakdv het gesê op Desember 3, 2009
Ek het, dankie, ouboet. Sal more weer reageer.
Izakdv het gesê op Desember 3, 2009
Dankie Therina. Ek het gelees. Ek sal later meer oor julle stukke doen. Sterk staan!
Izakdv het gesê op Desember 3, 2009
Is mooi, nie waar nie?
Doubtingthomas het gesê op Desember 4, 2009
Sela!
louisna het gesê op Desember 4, 2009
Thanks
Izakdv het gesê op Desember 6, 2009
Dankie