by

Leë eiers vs groen dildo’s

Desember 1, 2009 in Sonder kategorie

Die wenner van hierdie jaar se “Literary Review Bad Sex in Fiction Awards 2009” is Maandagaand om 21h30, Suid-Afrikaanse tyd, aangewys.

Ek weet wie die wenner is, maar eers die volgende …

Talle literêre skrywers het, verkeerdelik, verwag dat Philip Roth se roman The Humbling dit sou kry. In die toneel wat glo vir Roth hierdie vreemde eer sou verdien, tel die hoofkarakter, Simon, en sy lesbiese vriendin, Pegeen, ’n meisie in ’n kroeg op en neem haar huis toe vir ’n threesome.

Pegeen haal dan ’n groen dildo te verskyn en, aldus Roth:

This was not soft porn. This was no longer two unclothed women caressing and kissing on a bed. There was something primitive about it now, this woman-on-woman violence, as though in the room filled with shadows, Pegeen was a magical composite of shaman, acrobat and animal. It was as if she were wearing a mask on her genitals, a weird totem mask, that made her into what she was not and was not supposed to be. There was something dangerous about it. His heart thumped with excitement – the god Pan looking on from a distance with his spying, lascivious gaze.

Nou ja. Dit was toe nie die dildo nie.

Nee, dit was Jonathan Littell se roman, The Kindly Ones, wat met hierdie “eer” weggestap het. En watter passasie is tydens die bekendmaking van die prys voorgelees? Hier is dit:

I came suddenly, a jolt that emptied my head like a spoon scraping the inside of a soft-boiled egg.

Helaas.

Die kortlys was:

Paul Theroux: A Dead Hand (Ek kon nie help om te dink die hand is dood van te hard werk nie!)
Nick Cave: The Death of Bunny Munro
Philip Roth: The Humbling
Jonathan Littell: The Kindly Ones
Amos Oz: Rhyming Life and Death
John Banville: The Infinities
Anthony Quinn: The Rescue Man
Simon van Booy: Love Begins in Winter
Sanjida O’Connell: The Naked Name of Love
Richard Milward: Ten Storey Love Song

Julle kan ook ernstiger artikels lees in Literary Review, kliek hier:

7 antwoorde op Leë eiers vs groen dildo’s

  1. Ek het nav ‘n resensie Nick Cave se Bunny Munro gelees en moet erken dit was ‘n gesukkel.

  2. bloukaap het gesê op Desember 1, 2009

    naakte onwaarheid met die vergete Eva’s pakkie in woolworths….kaalnaal is verbode….dagsê I, hoop dit gaan goed.

  3. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    I say, Cindy, I say.

  4. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Jy’s dapperder as ek!

  5. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Goed dankie, Pruimtwak. Besig, maar darem gekleed!

  6. Izak, Izak… iets totaal van die punt af, maar tog: ek het gister jou Byna Liefde gekoop, en verslind- weliswaar laat, en teen R50 afslag by Bargain Books, maar tog wel. En een ding weet ek, na die lees daarvan: jou skrywes sou nie hierdie beteuterde lysie kon haal nie, nie ooit nie. Sowat van n sameflansing tussen liefde, eros, agape en blote beminning het ek lanklaas so kon geniet. Dankie daarvoor!

  7. Izakdv het gesê op Maart 20, 2010

    Dankie, Joe! Dis gaaf om te hoor!

Los ’n antwoord vir bigbigjoe. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.