Seks en liefde maak snaakse bedmaats
November 27, 2009 in Sonder kategorie
Ek kom pas terug van The myth of Andrew & Jo deur Gideon van Eeden. Dit was die tweede van vier produksies – die stuk word nog ontwikkel vir ’n langer speelvak (waarskynlik oorsee ook).
Mense, dis knap.
Andrew en Jo se partners luister nie regtig meer na hulle nie. Dan begin hulle na mekaar luister en … slaap saam.
Oeps.
Veral baie oeps as Jo swanger word.
Hoe gaan twee gay mans pa staan vir die kind? En wat van die baie butch lesbiër aan Jo se sy? Waar pas sy in? (Sy is immers die enigste man in hierdie vreemde verhouding.)
Uiteindelik gaan die stuk oor verhoudings en mense wat mekaar nodig het.
Dit is VREK snaaks. Dink net wat gebeur as ’n drag queen en ’n butch dyke begin baklei oor ’n rugbywedstryd. Julle wil dit sien. (Raai wie wen.)
Daar is egter diepte ook. Die butch dyke is nie verniet opgewonde oor ’n luiperd wat net ’n luiperd wil wees nie. Hier gaan dit oor mense wat soek na menswees.
As julle al ooit Harry Mulisch se De ontdekking van de hemel gelees het (in Engels beskikbaar as The Discovery of Heaven), dan sal julle weet hoe ver engele soms sal gaan om ’n kind te laat gebeur. Gideon van Eeden se stuk het ’n baie soortgelyke gevoel. (Gaan luister ’n bietjie hoe God se vroulike stem klink!)
Daar is Saterdag 28 November nog twee vertonings: 16h00 en 20h15 in ArtScape / KunsteKaap.
Gaan kyk. Dis wonderlik.
(Vir die res van die land, wees op die uitkyk vir Gideon van Eeden. Hy is besig om naam te maak.)
DallaSePa het gesê op November 27, 2009
*kug*
Naand Izak!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Hallo Dalla se pa. Van waar die hoesie?
dinkweer het gesê op November 27, 2009
Ek het eers baie Baxter en ArtScape toe gegaan, maar kom die afgelope tyd min daar.
brands_oli4 het gesê op November 27, 2009
Shit, ek wens ek kan dit gaan sien.
SureSlim het gesê op November 28, 2009
Dis lekker om weer ‘n slag hier in te loer. Ek stem: ons gaan nog baie van Gideon hoor. Bly om te sien jy is nog ‘n blogger van formaat.
TS het gesê op November 28, 2009
Hoe gaan dit met Izak en gesin?
net myself het gesê op November 30, 2009
moet sê, dit klink entertaining!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Ek kom ook te min daar
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Dit sal hopelik weer kom!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Lekker om jou weer te sien, Melt
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Is, Maankind!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Goed, Tina, net dol!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Dit is!
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Jy sal dit geniet!
brands_oli4 het gesê op Desember 2, 2009
Ek sal dit nie kan sien nie Izak, ek bly in Ierland.
Izakdv het gesê op Januarie 8, 2010
Hou dop. Roy Sargeant het al talle stukke in Skotland opgevoer, jy kan sommer oor die kanaal hop?