Waar is my private parts?
November 26, 2009 in Sonder kategorie
Ek het gelukkig reeds my eerste koppie koffie ingehad toe Knaap vanoggend vra: “Waar is my private parts?”
In ons huis is daar nie geheime nie, hy weet hoe sy ma lyk sonder klere (baie mooi, dankie) en hy bad soms saam met dogtertjies wat kom kuier. Ek weet dus dat daar ’n rede is vir so ’n vraag.
My antwoord, dus, is toe maar heel saaklik: “Jou penis en jou balletjies.”
“O,” sê Knaap en dink.
Toe volg hy op en vra: “Hier, of hier?” Daarmee wys hy eerste na sy naeltjie en tweede na sy skrotum.
“Onder,” sê ek. “Jou penis en jou balletjies is wat ’n mens jou private parts noem.”
Daarmee breek ’n moerse glimlag op sy gesig uit: “Dan hét Michael Jackson daar gevat toe hy gedans het.” En daarmee doen hy die perfekte MJ crotch grab.
Tóé besef ek eers: Dis duidelik dat een van die onnies probeer om die danspassies met “navel grabs” te laat gebeur. En pa, te onnosel en te eerlik, stuur toe weer ’n hele generasie seuntjies onder toe. Ek kan net dink wat by die skool gesê gaan word: “Maar my pa sê dis hier!”
net myself het gesê op November 26, 2009
hehehe, dis funny. te minste het jy goed bedoel 🙂
dinkweer het gesê op November 26, 2009
Wel, ten minste was jy logies eerlik.
zephur het gesê op November 26, 2009
Verwag ‘n oproep…
Maatjie…dis tottie
Knaap…nee my Pa se dis penis
Hahaha
Twopaths het gesê op November 26, 2009
dis so cute (=
louisna het gesê op November 26, 2009
“..en hy bad soms saam met dogtertjies wat kom kuier.” Wens dit was in ons tyd die gebruik van die dag.
Berwick het gesê op November 26, 2009
:-)))
karientjies het gesê op November 26, 2009
:0)
loudavisi het gesê op November 26, 2009
Talentvolle seun – die perfekte MJ crotch grab!
Giggegl lekker diekant.
katrina het gesê op November 26, 2009
Jy onthou seker om al hierdie oulike goed iewers in ‘n joernaal vir hom neer te skryf?
caprice het gesê op November 26, 2009
LOL! Oe dus nou classic!
plankloper het gesê op November 27, 2009
En kinders is so trots op die goed wat hulle by pa leer…
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Ek het dit goed bedoel, ja!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Dis wat ek ook dink!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
‘lo!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Hulle is deesdae slim, ja.
Izakdv het gesê op November 27, 2009
dankie
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Aanvaar is die beste manier.
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Agreed, Tigress!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Inderdaad, ouboet!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Dankie, Berwick
Izakdv het gesê op November 27, 2009
😉
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Hy’s goed, Lou.
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Dankie, Anha
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Ons dit, Katrina
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Arme onnies!
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Pa leer elke dag, Flenters
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Dankie, Caprice
Izakdv het gesê op November 27, 2009
Dis hoekom ek maar probeer eerlike wees!
DroomKind het gesê op November 29, 2009
LOL! ja nee, kyk, dis makliker om eerlik te wees (al is jy gewaarborg dat party mammas en pappas nie gediend sal wees daarmee nie!)
Izakdv het gesê op Desember 1, 2009
Ek probeer maar eerlik wees, ja.