by

This is it NOT

November 23, 2009 in Sonder kategorie

 

 

 

My knaap is mal oor Micheal Jackson. Hy dans soos Jackson, hy luister na Jackson se musiek. En hy spandeer ure op YouTube om sy eie danspassie te verfyn.

 

Dus, hoe kon pa dan nou nié vir hom vat om This is it te gaan kyk nie?

 

Ek was mal oor die film, maar Knaap, glad nie. Hy kon nie verstaan wat aangaan nie. Ek dink ’n metafilm is iets waarvoor jy meer volwasse moet wees.

 

Ek was nog nooit ’n vreeslike Jackson aanhanger nie, maar raai wat gebeur toe? Daar sit ons in die teater. Pa geniet hom gate uit. Knaap is verveeld.

 

Ons moes uitloop, want Knaap kon dit nie meer hou nie. Dis nie YouTube waar jy kan kies wat jy wil sien nie.

 

Dêm. Vir my was dit dus: This is it NOT.

 

Ek het egter die stuk wat ek wel gesien het, baie geniet. Beligting en choreografie bly iets waaroor ek opgewonde kan raak. MJ was ’n meester choreograaf.

 

Die skerm was ook groot genoeg dat ek kon sien wat die musikante doen. By tye het ek verby die dansers gekyk en die musiekfabriek dopgehou.

 

Nou ja. Ek dink ek gaan eendag die DVD in die hande probeer kry. Ek sou egter sê: Kyk dié een op die groot skerm as julle kan (sonder ’n knaap wat wil huistoe gaan)!

11 antwoorde op This is it NOT

  1. lol, arme knaap, die teleurstelling darem!
    ek sal ‘n plan probeer maak om dit te sien 🙂

  2. Ek dink ek gaan wag tot die DVD uitkom. Was nooit regtig ‘n fan nie.

  3. sprokie het gesê op November 25, 2009

    Jammer dat jy nie die einde kon sien nie! Ek hou ook daarvan om musikante te beloer… Sal defnitief plan maak om dit te gaan kyk.

  4. gidivet het gesê op November 25, 2009

    Halfklaar gekyk. Wat ‘n teleurstelling. Is jy die soort ou wat weer sal betaal om dit te gaan klaarkyk sonder die knaap?

  5. caprice het gesê op November 25, 2009

    Is dit hy in die ander pic?

  6. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Ek het! Dankie!

  7. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Ek dink jy sal dit geniet!

  8. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Maak sin!

  9. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Jip, dis lekker om die mense agter die skerms te sien.

  10. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Vir ‘n ander film,ja. Vir die een, dalk nie. Tyd, eerder as geld!

  11. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Einste!

Los ’n antwoord vir Izakdv. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.