by

Vang hulle jonk EN OUD in die VSA

November 19, 2009 in Sonder kategorie

Ek het gister berig oor die leesprogam in Britse skole. Pearson VSA het ’n heel ander manier om kinders aan die lees te kry. Hulle hou sogenaamde Family Book Nights.

Dié soort aande word gehou in gemeenskapsale, dorpsbiblioteke en kindersorgfasiliteite. Die plek (hetsy biblioteek, skool of gemeenskapsaal) ontvang ’n volledige klein biblioteek wat gerig is op leesontwikkeling. Dié minibib bevat boeke van Penguin, Puffin en Dorling Kindersley.

Pearson se werknemers neem dikwels deel aan hierdie aande, wat aangebied word in Engels en in Spaans.

Die ouers word sáám met die kinders genooi en die noodsaak van leesontwikkeling op ’n baie vroeë ouderdom word deeglik onderstreep. Die fasiliteerders vertel ook aan ouers hoe belangrike (en lekker) dit is om saam-saam boeke te leer ontdek.

Elke geleentheid duur ongeveer twee uur en volg vier stappe.

Stap 1

Dit begin met pret, verversings en gesonde versnaperings.

Stap 2

Daarna word ’n boek gelees wat spesiaal vir dié geleentheid geskep is. Die kinders word aangemoedig om hulleself en hulle onnies te identifiseer in dié boek, terwyl daar op ’n ligte wyse vir die ouers gedemonstreer word hoe om sélf die kleinspan boekvaardig te maak.

Stap 3

Gesinne maak nou hulle eie boeke. Ouers en kinders neem foto’s van mekaar en hulle kry allerlei mooi prentjies wat hulle kan inplak. Siedaar, ’n eie boek wat uniek is aan daardie gesin!

Stap 4

Nou kry almal geskenke! Aan elke gesin word ’n geskenkpakkie uitgedeel met ’n klompie klassieke kinderboeke uit die Penguin-stal, tesame met inligting oor hoe om jou kind te stimuleer. Dié pamflette word deur Pearson se Early Learning-program verskaf.

Is julle ook jaloers? Dalk, dalk, dalk kan ons ook eendag in Suid-Afrika vir kinders leer dat boeke cool is!

11 antwoorde op Vang hulle jonk EN OUD in die VSA

  1. Dit klink cool..as ‘n kind kan lees kan hy leer..

  2. Met die terugkeer na handboek gebruik in skole mag daar *touch wood* ‘n oplewing in die opvoedkundige boekbedryf wees wat ons ook sal toelaat om sulke programme te loods.

  3. Ek het die heel dag lank hieroor gedink en toe my eie relaas geblog 🙂

  4. Wil jy nie so iets hier by ons begin nie. Wat ‘n opwindende nuwe tradisie as dit kan posvat!

  5. Interessant, Izak. Ook Droomkind Wonder se bydrae oor die onderwerp. Gaan loer gerus in op my blog oor ‘n verdere eiertjie. Groete!

  6. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Ek stem!

  7. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Hallo!

  8. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Gelees!

  9. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Inderdaad

  10. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Ek dink daar is mense wat werk daaraan, ek sal uitvind!

  11. Izakdv het gesê op Desember 1, 2009

    Ek sal loer, het ongelukkig die inskrywing gemis.

Los ’n antwoord vir MissLimpopoTeen2008. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.