by

Mr Big vir die Britse kleinspan

November 18, 2009 in Sonder kategorie

Ek weet julle dink Mr Big hoort in Sex and the City. Wel, dink weer. Mr Big gaan van nou af kinderhartjies bly maak in Brittanje.

Hoe werk dit? Pearson UK bedryf ’n gemeenskapsprogram genaamd Booktime. Booktime werk die afgelope vier jaar reeds saam met die Department for Children, Schools and Families in Brittanje en skenk dan boeke aan kaboutertjies in 20 000 Britse skole.

Hierdie jaar word twee boeke geskenk. Mr Big, deur Ed Vere, en ’n bloemlesing wat spesiaal geskep is, naamlik die Booktime Book of Fantastic First Poems, onder regie van June Crebbin.

Vang hulle jonk, is die boodskap in Brittanje.

Kan ons ook so iets doen in ons skole?

1 antwoord op Mr Big vir die Britse kleinspan

  1. Briljante plan! Ja asseblief, veral noudat kinders weer in die skool gaan lees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.