by

Aandag alle skrywers! Ken jou regte

November 2, 2009 in Sonder kategorie

Het jy, as skrywer, al ooit gevoel iemand is besig om jou lelik in te loop met ‘n kontrak? Wou jy nog altyd weet hoe om ‘n manuskrip voor te lê?

Hier’s jou kans om die uitgewers (soos die uwe) vierkant in die oë te kyk.

 

 

Kontak Zanelle

Tel: (011) 712 8008

E-pos: [email protected] 

The Academic and Non-Fiction Authors’ Association of South Africa (ANFASA) en Juta, ’n uitgewer wat, onder andere, ’n baie goeie regslys het, bied nou aan skrywers die geleentheid om te weet hulle regte, en verpligtinge, is tydens die boekmaakproses. 

 

Wie?

Dr Owen Dean, ’n lid van ANFASA, sal praat oor kontrakte. Hy is ’n prokureur wat spesialiseer in kopiereg en is verbonde aan die firma Spoor & Fisher. Nie net sal hy moeilike klousules verduidelik nie, maar hy sal ook vir skrywers kan adviseer oor die gevolge van sekere klousules in ‘n kontrak.

 

Daarna sal Sandy Shepherd, die redaksionele bestuurder by Juta, praat oor die beste manier om ’n manuskrip voor te lê, en oor die proses wat jy moet volg – voor en na publikasie. 

 

Hoeveel?

Dit alles kos slegs R50.

 

Wanneer?

20 November 2009

 

Waar?

iKhaya Lodge and Conference Centre,

Wandelstraat, Dunkley Plein, 8001, Kaapstad

 

Hoe laat?

13:30 – REGISTRASIE

14:00 – 16:00 – Die Werkswinkel

 

Meer inligting nodig?

Kontak Zanelle

Tel: (011) 712 8008

E-pos: [email protected]

2 antwoorde op Aandag alle skrywers! Ken jou regte

  1. Sal hulle een of ander tyd ‘n bietjie nader aan Klerksdorp wees?

  2. Dít is baie, baie, baie interessante inligting. Dankie Izak. Ek sal nie die lesing kan bywoon nie, maar ek gaan verseker by Zanelle hoor hoe ek van die regshulp gebruik kan maak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.