’n Naweek met Toast Coetzer
Oktober 17, 2009 in Sonder kategorie
As julle wil weet wat om volgende naweek te doen, hier is ’n voorstel: Spandeer dit saam met Toast Coetzer.
As jy die ou wil gaan opsoek, cool. As jy egter besluit sy baard is te kielierig in jou nek (of jy doen nie mans nie), koop dan sy Naweek. Jy gaan ’n naweek lank baie plesier hê.
Naweek is ’n spanningsroman wat ’n mens nogal laat dink. Daar’s heelwat seks in, baie dwelms, ontsettend veel alkohol en woeste rock ’n roll.
Klink dít na ’n wilde naweek? Sê jy.
Coetzer se hoofkarakter het egter ’n probleem: Nie alles verloop hierdie naweek so glad soos hy dit wou hê nie. Maanhaar, ons fiktiewe held, is op die kruin van sy musiekloopbaan. Hy het alles: Vroue, geld, ’n vinnige motor, getroue ondersteuners … Noem maar op. Hy het dit.
Dié naweek loop dinge egter skeef.
Wil jy meer weet? Vat volgende naweek af en lees Naweek. Jy sal nie spyt wees nie!
(As julle ’n baie deegliker bespreking van Naweek wil lees, kliek hier.)
DroomKind het gesê op Oktober 17, 2009
Hi Izak!Ek het Naweek verlede naweek gelees 🙂
En natuurlik ook my stuiwer geblog.
http://blogs.litnet.co.za/DroomKind/Maanhaar-Basson-die-nuwe-tragiese-held
Liani.Mare het gesê op Oktober 17, 2009
Klink of ek ‘n plan sal moet maak…
dinkweer het gesê op Oktober 18, 2009
Sal kyk na naweek. Lees op die oomblik drie boeke tegelyk. Of moet ek eintlik sê “om die beurt.”
Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009
Ek gaan dit kry vir my! Het dit nog nie. Dankie vir die wenk.
Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009
Dankie, Droom. Ek het toe gaan lees!
Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009
Inderdaad!
Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009
Gaan by my ook dikwels so!
Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009
Nogals, maar dis goed! En dit lees lekker.