by

Afrikaans aan Suid-Afrikaanse Universiteite

Oktober 6, 2009 in Sonder kategorie

Terwyl die Pole Suid-Afrikaners aanstel om Afrikaans uit te bou, is daar ’n kabaal ter plaatse wat alles doen om Afrikaans uit Suid-Afrikaanse universiteite te hou.

Ek gaan nou nie vir julle goed vertel wat julle nie weet nie, daarom wil ek graag sê: Lees Hermann Giliomee se stuk: “A deadly war of languages”. (Kliek hier.)

Giliomee sê:

There is an element of déjà vu in this. A century ago Afrikaners were urged to accept parallel or dual-medium institutions to build a new nation out of the two white communities (or “races” as they were then called). Those Afrikaners who objected were accused of fomenting racial hatred.
  The popular Afrikaans journalist CJ Langenhoven parodied the plea as follows: “Friends, let us make peace and keep the peace. Let the lamb and the lion graze together; the lamb on the grass and the lion on the lamb. The lamb will soon be part of the lion. It will be to the honour of the lamb and the delight of the lion.”

Lees gerus die res self. Hy sluit af met:

Afrikaans — and an effective form of instruction, particularly for students at risk — is the casualty. It is a great cultural tragedy that is unfolding. Not only the university but all of South Africa will be immeasurably poorer if Afrikaans is fatally weakened at Stellenbosch.

12 antwoorde op Afrikaans aan Suid-Afrikaanse Universiteite

  1. katrina het gesê op Oktober 6, 2009

    Izak, ek is oopkop oor baie dinge, maar ek kan nie anders as om te dink hierdie taalkwessies is die simptoom van ‘n verskuilde agenda nie. Dit is dieselfde houding as diegene wat dit uitkreet: Afrikaans is a dying language”. Ek hoor dit baie in my klasse wanneer hierdie kinders uit hulle ouers se politieke monde praat en dit gebruik om hulle eie onvermoëns te verdoesel. Ek persoonlik noem dit die Pilatus-sindroom, as jy nou tussen die lyne kan lees. Ironies is genoeg is dit hierdie einste outjies wat gek is oor die Stellenbosche kultuur en atmosfeer en alles wat die plek bied. Maar, op hulle voorwaardes… Dis hartseer.

  2. ysprins het gesê op Oktober 6, 2009

    Izak ek het eindelik jou Byna Liefde onder deeglike, honger oë gehad, terwyl ek oor twee kontinente gevlieg het 30 000 voet in die lug, op twee vlugte in ‘n kwessie van drie maande. Dankie.

  3. O, ek stem saam, Izak! Ek wens ons kon iets doen!

  4. Lees ook my post vanaand oor einste Afrikaans as onderrigtaal. Was in reaksie op Kolobe se rassistiese aanval op Afrikaans en AFrikaanse universiteite. Ons almal het al lankal vergeet van die rasding of die taalding, en dan kom ‘n blubbering idiot soos Malema en Kolobe verby en skree rassis, rassis, Afrikaans, Afrikaans! Twee tree vorentoe, drie terug!

  5. Dankie dat jy so gereeld vir ons lesenswaardige artikels onder die aandag bring.

  6. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ware woorde

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Nou sal ek moet!

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Dis inderdaad kompleks, Katrina

  9. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Wow! Dankie, Ysporns!

  10. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Inderdaad, Joanna

  11. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Janee, soos ons in Afrikaans kan sê!

  12. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Plesier, Kobus!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.