by

Afrikaans in Pole

Oktober 4, 2009 in Sonder kategorie

Julle weet dit dalk reeds, maar daar is twee universiteite in Pole wat Afrikaans as vak aanbied.

Oor die jare het ek kontak gehad met ’n aantal van die baie wonderlike Pole wat daar werk, en ek verkneukel my steeds as een van hulle van die vliegtuig afklim en vlot Afrikaans praat. Talle van hulle het al by ons aan huis oorgebly. Hulle het my leer Vodka drink.

Poznan, waar my vriende bly, stel gereeld ’n Suid-Afrikaner aan om daar te gaan klasgee. Tertius Kapp is die nuutste persoon wat tans besig is om nes te skop in Poznan.

Lees gerus sy (effens tong-in-die-kies-)stuk oor sy vertrek na Poznan. Kliek hier.

17 antwoorde op Afrikaans in Pole

  1. louisna het gesê op Oktober 4, 2009

    Mens kan nie ‘n wenresep (Afrikaans) net hier hou nie. Goeie inskrywing

  2. katrina het gesê op Oktober 4, 2009

    Sjoe, volgende keer as hulle iemand soek om Afrikaans daar te gee, fluister tog my naam in hulle oor!

  3. Wonderlike mense die Pole en ek moet byvoeg hulle vodka is baie lekkerder as die Russe se vodka.

  4. Miskien moet diegene wat Afrikaans wil dood wurg hieuit leer. Inheemse tale gaan nie vorder deur die aanvalle op Afrikaans nie maar eerder deur te leer hoe Afrikaans bevorder is en dieselfde lesse toe te pas.

  5. Ek hou hiervan.

  6. Ek het ‘n paar jaar terug ‘n artikel gedoen oor Afrikaans by buitelandse universiteite. Dit word gedoseer by universiteite in die Tsjeggiese Republiek, Slowakeye, Nieu-Zeeland,Denemarke, Oostenryk, en minstens twee Amerikaanse universiteite. Daar is selfs ‘n aanlyn-program vir enige iemand wat wil leer opgestel deur Dr. Jacques du Plessis, ou oud-Tukkie. (kliek op http://www.afrikaans.us)
    Izak, ek het vir jou private mail gestuur.

  7. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Inderdaad, Ouboet

  8. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek maak so, Katrina!

  9. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek stem oor die Vodka (en die mense!)

  10. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Dis interessant, nie waar nie?

  11. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Wel gesê!

  12. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek sal weer gaan lees, Maankind. Maar, ja, ek het dit gelees.

  13. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Inderdaad, Ghaap

  14. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Ek ook!

  15. Izakdv het gesê op Oktober 23, 2009

    Interessant, dankie, Tannemys

  16. louisna het gesê op Oktober 24, 2009

    Tannemys, Afrikaans is net ‘n te mooi taal om hier te lande te hou. Sterkte met jou werk

  17. louisna het gesê op Oktober 24, 2009

    Afrikaans is my passie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.