by

Die ander Izak

September 29, 2009 in Sonder kategorie

Izak de Villiers is dood.

Izak en Izak het ’n hele paar keer met mekaar gesels. Dikwels was dit oor bitter prakties goed soos: Naspers wat gedurig sy tantiemestate vir my stuur, of sy ITB3 wat in my posbus beland, of so iets. Dan skryf Izak aan Izak en sê: “Ek pos dit vir jou…”

Nee, ek het hom nooit van aangesig tot aangesig ontmoet nie, maar ek en Izak was gereeld in e-poskorrespondensie. Hy het gewoonlik geteken: “Die ander Izak”.

Dít sê nogal iets van hom, want hy is natuurlik die “oorspronklike Izak” in die letterkunde.

Lank voor ek hom leer ken het – via e-pos – was hy vir my die dominee wat die krag van die woord seks die beste verstaan het. Onthou julle die Sarie onder Izak de Villiers se hand? Die “Vriendin vir elke vrou” het met elke uitgawe die woord seks iewers op die voorblad vertoon.

Slim dominee.

Dankie tog vir e-pos. Ek sit hier met ’n paar kosbare stukkies lewenswyshede wat die slim Izak aan die jong Izak gestuur het. Toe ons van huis verander het, was Izak se kommentaar: “Nou kan jy sommer Nuweland toe stap.”

Hy het ook mooi woorde oor my seun gehad, en het my gereeld aangemoedig om die beste te gee vir dié knaap. Izak was ontsettend trots op sy aangenome dogter, en was opgewonde toe hy uitvind ons deel meer as net ’n naam – vandaar sy belangstelling in my aangenome seun.

Graag sou ek hom die hand wou skud. Nou nie meer moontlik nie.

Daarom net weer: Dankie tog vir e-pos.

Mooiloop, Izak. Jy’s tuis. Maak seker die woord seks verskyn elke week op die voorblad van die Hemelrapport.

Die Tweede Izak

11 antwoorde op Die ander Izak

  1. as ek aan Izak I dink, hoor ek daardie aanhaling uit die Bybel: “stil daar gaan ‘n man verby”.
    (‘n groot gees, volg hom)

  2. Hallo Vreemdeling!
    Ek beaam Lo-Ammi 🙂

  3. Ek het hom daai tip gegee, want Homo sapiens kan liefde maak sonder om voort te plant. Seks-beheptheid is ‘n neweproduk van regoploop, verborge ovulasie en paar-verbinding.
    Lees ook my kommentaar by Nastergal.

  4. Ek was Sondag baie geskok toe ek van sy dood hoor. Ek het laat daardie middag op my blog ‘n kort huldeblyk oor hom geskryf.
    Lekker dag!

  5. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Hallo Poppie. Izak sou hou daarvan dat jy sê dit kom uit die Bybel!

  6. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Dankie, LoAmni

  7. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Dankie Droomkind, gaan mal hier!

  8. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Great, Neander!

  9. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Hallo Maankind. Ons het baie om te onthou.

  10. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Ek gaan lees, Kobus

  11. Izakdv het gesê op September 30, 2009

    Inderdaad, Ghaap

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.