by

Stories van hoop & moed

Julie 5, 2009 in Sonder kategorie

Mense. Hier is nou ’n boek waarop ek trots is.

Ek was een van die redakteurs wat, as vrywilliger, tyd afgestaan het om Stories van hoop & moed die lig te laat sien. Hoekom? Want dié teks is geskryf deur mense wat, op ’n hoë ouderdom, vir die eerste keer kon leer lees en skryf.

Die Maryland Literacy Programme, gestig deur Suster Marina Lawrence, werk reeds vir dertig jaar met plaaswerkers wat nie kon lees en skryf nie.


‘n Vrou met visie: Suster Marina Lawrence

Saterdag het hierdie boek verskyn. Dit is geskryf deur ou omies en tannies wat, danksy Maryland, nou ’n stem gekry het.


Daar is gedans, geëet en toesprake gehou. Inwoners van die leafy ’burbs kort nog wenke oor hoe om makietie te hou!


Conrad Sidego, toenmalige ambassadeur na Denemarke, was die hoofspreker.

Ek was trots om daar te wees, en het by tye amper getjank as ek die omies en tannies met die boeke in hulle hande afneem.


Oom Koos Snyers wys ons waar sy storie, en foto, is.

Bel hulle by 021 692 1335 as julle meer wil weet, of stuur ’n e-pos aan [email protected]

Ek gaan probeer om meer oor hierdie projek te sê, maar gaan die volgende paar dae weer die land vol rondlê.

11 antwoorde op Stories van hoop & moed

  1. Ek kan glo dat jy trots is! Dit is ‘n wonderlike projek om by betrokke te wees!

  2. magda meyer het gesê op Julie 5, 2009

    Dit is `n groot eer om by so projek betrokke te wees. Welgedaan.

  3. DK1 het gesê op Julie 6, 2009

    Wat ‘n wonderlike projek. Geluk Izak!

  4. kobusvictor het gesê op Julie 6, 2009

    Jy moet jou ore oophou vir stories as jy die land vol gaan rondlê. Daar is baie van hulle. As jy terug is, kontak my sodat ons iewers saam ‘m koffietjie kan gaan drink.

  5. Wat ‘n wonderlike projek!

  6. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Dit was lekker, PinkPolkDOT!

  7. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Dit was ‘n plesier, Paljas.

  8. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Inderdaad, Penguin

  9. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Sê jy, DK.

  10. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Ek sal so maak, Kobus

  11. Izakdv het gesê op Augustus 8, 2009

    Inderdaad, Max

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.