by

Aa, die liefdesbrief

Julie 2, 2009 in Sonder kategorie

Ek en my vrou het verlief geraak oor die pos. Ons het briewe geskryf, want teen die tyd wat ons getrou het (en dus amptelik ’n huis kon deel), was e-pos nog iets wat net in akademiese instansies bestaan het.

Ons was ver van mekaar, maar ons het mekaar baie goed leer ken en uiteindelik was die briewe nogal sexy.

Papier is ’n vreemde ding. Dit onthou goed.

Tot onlangs toe het ons gedink dat die elektroniese medium ’n meer vlietende middel is, dat die teks verdwyn sodra dit gestuur is.

Ander dink weer dat dit minderwaardig is.

Nie waar nie!

Ek raak steeds na al die jare – hm … opstandig – as my vrou op pad is huis toe en teks: sit in vliegtg, soen jou vnaand…

Ja. Die dotjies is soms meer eksplisiet. (Lekker!) Die SMS is mos weg as jy klaar is?

Wel, dalk nie.

William Saletan het ’n uiters leesbare artikel geskryf met die titel: Textual Infidelity, E-mail, adultery, and Mark Sanford (maak seker dat jy albei bladsye lees). Sanford is ’n Amerikaanse politikus, en tans die goewerneur van South Carolina. Hy is pas betrap dat hy ’n baie lang affair gehad het – merendeels via e-pos.

Sanford’s e-mails paint a vivid and sad picture. It’s a picture of two people in love but tragically bound by commitments they have already made. A man who has been married for two decades seems to be discovering, for the first time, how love feels. He writes of solitude, longing, and spirituality in a style that oscillates between Spanish love songs and bad country music. He seems naive about everything: love, poetry, and e-mail. He is writing for publication and doesn’t know it.

Die ou kon nogal skryf. Kyk hier:

I could digress and say that you have the ability to give magnificently gentle kisses, or that I love your tan lines or that I love the curves of your hips, the erotic beauty of you holding yourself (or two magnificent parts of yourself) in the faded glow of night’s light.

My vrou so daarvan gehou het as ék dit kon neerpen.

In Byna Liefde het ek heelwat gespeel met die liefde oor die grense heen – ook oor fisiese grense, juis omdat daar so baie mense is wat sulke liefdes het (kyk byvoorbeeld hoe groei Holger en Debbie se verhouding via e-pos.)

Maar, hoe het ek Debbie en Holger se e-pos gelees? Wel, hoe kan jy nou Mark Sanford se woorde lees?

Die elektroniese media se geheue is groter as wat ’n mens dink.

Wees dus gewaarsku: Daardie stoute e-pos of SMS kan jou laat bloos. Maak seker jy weet aan wie jy dit stuur.

Maar, aan die ander kant: Moenie ophou om liefdesboodskappe te stuur nie! Liefde maak van die wêreld ’n beter plek, selfs al sit jy en die geliefde aan weerskante van die aardbol.

19 antwoorde op Aa, die liefdesbrief

  1. karin10 het gesê op Julie 2, 2009

    Ek’s versot op briewe, maak nie saak of dit met slakkepos of e-pos kom nie! En sms’e… Man, dis opwindend!

  2. Izakdv het gesê op Julie 2, 2009

    Ons het iets in gemeen, Sonneblom!

  3. DeeCee het gesê op Julie 3, 2009

    Letter writing, especially the love letter is an art, one that is not encouraged in this busy life we are forced to lead. Ah, but the memory sparked when years have gone by and a faded envelope is opened to reveal what once was…

  4. ezile het gesê op Julie 3, 2009

    Ek het ‘n vraag – as die liefde vervaag, gooi mens ooit die briewe weg? Ek worstel tans met ‘n hoop ou briewe…

  5. DK1 het gesê op Julie 3, 2009

    Ek stem saam Izak! 🙂

  6. DK1 het gesê op Julie 3, 2009

    ezile, ek sê hou dit… jou kinders of kleinkinders leer dalk eendag iets daaruit 🙂

  7. Baie waar… ek dink mense kan baie beter uiting gee aan hulle gevoelens as hulle dit skryf!!

  8. Nou toe nou!! Ek glo liefde is mar net liefde, hoe ook al.

  9. Izakdv het gesê op Julie 5, 2009

    Darlingdee, so true!

  10. Izakdv het gesê op Julie 5, 2009

    Ezile, DK en Annemari. Ek weet nie, maar ek glo in argiewe… ‘n Mens leer so baie uit mense se briewe – oor die lewe in daardie tyd!

  11. Izakdv het gesê op Julie 5, 2009

    Ek stem saam Pinkpolkadot.

  12. Izakdv het gesê op Julie 5, 2009

    Ek stry nie, Anti Stieni

  13. Izakdv het gesê op Julie 5, 2009

    Lol, Suz!

  14. Neander het gesê op Julie 6, 2009

    Goeie stuk, hierdie. Liefdesbriewe is ‘n kuns.
    Ek hou ook briewe van geliefdes, maar ek het ook in waansin al briewe verbrand.
    Al my e briewe sit ek op CD, vir iemand om eendag te lees.

  15. DK1 het gesê op Julie 6, 2009

    Eintlik wens ek mense wil meer moeite doen om vir mekaar briewe te skryf. Dis net eenvoudig anders…

  16. klarisabet het gesê op Julie 18, 2009

    There is nothing new under the sun…

  17. Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009

    Dis GREAT om hulle te hou, Neander

  18. Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009

    Inderdaad, DK

  19. Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009

    Jip, Klarisabet

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.