Ek en my vrou het verlief geraak oor die pos. Ons het briewe geskryf, want teen die tyd wat ons getrou het (en dus amptelik ’n huis kon deel), was e-pos nog iets wat net in akademiese instansies bestaan het.
Ons was ver van mekaar, maar ons het mekaar baie goed leer ken en uiteindelik was die briewe nogal sexy.
Papier is ’n vreemde ding. Dit onthou goed.
Tot onlangs toe het ons gedink dat die elektroniese medium ’n meer vlietende middel is, dat die teks verdwyn sodra dit gestuur is.
Ander dink weer dat dit minderwaardig is.
Nie waar nie!
Ek raak steeds na al die jare – hm … opstandig – as my vrou op pad is huis toe en teks: sit in vliegtg, soen jou vnaand…
Ja. Die dotjies is soms meer eksplisiet. (Lekker!) Die SMS is mos weg as jy klaar is?
Wel, dalk nie.
William Saletan het ’n uiters leesbare artikel geskryf met die titel: Textual Infidelity, E-mail, adultery, and Mark Sanford (maak seker dat jy albei bladsye lees). Sanford is ’n Amerikaanse politikus, en tans die goewerneur van South Carolina. Hy is pas betrap dat hy ’n baie lang affair gehad het – merendeels via e-pos.
Sanford’s e-mails paint a vivid and sad picture. It’s a picture of two people in love but tragically bound by commitments they have already made. A man who has been married for two decades seems to be discovering, for the first time, how love feels. He writes of solitude, longing, and spirituality in a style that oscillates between Spanish love songs and bad country music. He seems naive about everything: love, poetry, and e-mail. He is writing for publication and doesn’t know it.
Die ou kon nogal skryf. Kyk hier:
I could digress and say that you have the ability to give magnificently gentle kisses, or that I love your tan lines or that I love the curves of your hips, the erotic beauty of you holding yourself (or two magnificent parts of yourself) in the faded glow of night’s light.
My vrou so daarvan gehou het as ék dit kon neerpen.
In Byna Liefde het ek heelwat gespeel met die liefde oor die grense heen – ook oor fisiese grense, juis omdat daar so baie mense is wat sulke liefdes het (kyk byvoorbeeld hoe groei Holger en Debbie se verhouding via e-pos.)
Maar, hoe het ek Debbie en Holger se e-pos gelees? Wel, hoe kan jy nou Mark Sanford se woorde lees?
Die elektroniese media se geheue is groter as wat ’n mens dink.
Wees dus gewaarsku: Daardie stoute e-pos of SMS kan jou laat bloos. Maak seker jy weet aan wie jy dit stuur.
Maar, aan die ander kant: Moenie ophou om liefdesboodskappe te stuur nie! Liefde maak van die wêreld ’n beter plek, selfs al sit jy en die geliefde aan weerskante van die aardbol.
Onlangse kommentare