Die Gilgamesj-epos
Mei 25, 2009 in Sonder kategorie
Die Gilgamesj-epos word beskou as die heel oudste storie wat die mensdom besit. Tog is dit steeds relevant en so sexy soos Sex in the City.
Coenraad Walters het die epos hervertaal en verwerk vir ’n Suid-Afrikaanse gehoor. Hy dra dit self voor Donderdagaand.
Waar? By die Breytenbach-Sentrum op Wellington.
Wanneer? 28 Mei om 19:30.
Hoeveel? Slegs R20.
Bespreek by 021 873 2786, of e-pos [email protected]
Coenraad is ’n uitstekende voordraer. Moenie dit misloop nie!
(Terloops, sien julle hoe verskil e-pos en epos?)
meerkat746 het gesê op Mei 25, 2009
Izak, die kan ek nie vir jou sê nie, ek is nog steeds besig om te probeer ontleed waar kom vonkpos vandaan.
Ag wel laat ek probeer:
In engels is dit twee woorde en indien my matriek my nie in die steek laat nie is Afrikaans moes een gedagte een woord, wat dan epos kan verklaar, maar nou ja my duim is bloedrooi gesuig. Beste groete
Izakdv het gesê op Mei 25, 2009
Iets in dier voege, Frik!
DroomKind het gesê op Mei 26, 2009
Het so ‘n module op Varsity gehad. Die titel: Wanneer epos nie e-pos is nie! lol
Izakdv het gesê op Mei 26, 2009
Inderdaad, v! Ek gaan wel probeer
Izakdv het gesê op Mei 26, 2009
Dis waarop ek gesinspeel het, Doekvoet.
Izakdv het gesê op Mei 26, 2009
Seker as dit te lank is, Droomkind?
francoiswilliams het gesê op Mei 26, 2009
Dis darem ‘n bekvol !!
Wat is die naaste deelnemer daaraan – dis nou in die oudste storie kategorie ?
Ek sou dog die Egiptenare, Indiers, miskien selfs die Chinese sou almal ‘n seggie seg in die verband…
Izakdv het gesê op Mei 27, 2009
Ek het ook gewonder, FW. Ek wil self ‘n bietjie krap. Maar die ding kom uit die Indusvallei – dis ons oergrootjies daardie.
kobusvictor het gesê op Mei 28, 2009
Breytenbach-sentrum lê my na aan die hart. Jare gelede toe ek onderburgemeester van Wellington was, het ek by die opening van ‘n toerisme konferensie my droom met hulle gedeel dat sy ouerhuis – wat toe redelik vervalle was – omskep moet word in ‘n kunssentrum. Ek is later daar weg, maar Eugenie Wiggens het onthou en my en my vrou vir die opening genooi. Ek is eerlik: dit was die vervulling van ‘n droom. Oor ‘n ander droom wat nie vervul is nie (altans nie in die Paarl-vallei nie) sal ek jou later vertel. Lekker dag.
Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009
Dit klink lekker, Kobus