Freddie Brandt, onbesonge, is dood
Mei 18, 2009 in Sonder kategorie
Daar is party mense wat nooit op die titelblaaie van boeke verskyn nie, tog, sonder hulle, sou talle boeke maar gesukkel het – of nie gebeur het nie. Een so ’n mens was Freddie Brandt.
Freddie was die drywer by Nasou Via Afrika (NVA). Hy was vir sestien jaar verbonde aan die maatskappy en hy was tróts op sy werk.
Ek ken talle drywers wat nou regtig nie gaan moeite doen nie, of bot weier om sekere goed te doen. Nie Freddie nie.
’n Toenmalige kollega vertel hoe sy eendag vir Freddie gestuur het om voor ’n skrywer se deur te gaan sit totdat die manuskrip oorhandig word. Niks werk so goed soos ’n groot man op jou stoep wat sy voet sit en tik nie!
Ek het Dinsdag nog in Freddie vasgeloop. Toe ek hom die hand ryk, kry ek so ’n skaam glimlag oor ek hom sowaar onthou. (As Freddie skaam was, het hy sy kop na links gegooi en sy ken laat sak.) Natuurlik onthou ek hom. Genade.
Minder as 48 uur later is hy geskiet vir sy selfoon.
Sy jongste dogter is nog nie in die skool nie. Sy was mal oor haar pa en het talle male saamgery as Freddie die Kaap vol reis om boeke te maak gebeur.
Ag nee, hel man, dis nie reg nie.
Catface het gesê op Mei 18, 2009
Sorry about that.
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Thanks Melodrama.
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Kelly, ek glo nie ek sal sulke goed ooit kan kop nie.
Berwick het gesê op Mei 18, 2009
Ai nee, dit is nie.
wild1 het gesê op Mei 18, 2009
Ag jissie dis tragies…
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Ons moet, Lettie
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Tog wel, Berwick
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Inderdaad, Willemien
Izakdv het gesê op Mei 18, 2009
Sê jy, Sophia
DroomKind het gesê op Mei 18, 2009
Laat dink jy my nou aan Fillemon wat by Van Schaik werk… hy is ook een van die onbesonge helde.
Berwick het gesê op Mei 18, 2009
Ek stem saam met jou – dit is nie reg nie.
sprokie het gesê op Mei 18, 2009
jis dit maak my suur dat mense so min waarde aan lewe heg. dankie dat jy ons sy storie vertel, ons kan inderdaad nie sonder drywers nie…Rip Freddie…
Izakdv het gesê op Mei 19, 2009
Yebo, Droom!
Izakdv het gesê op Mei 19, 2009
Inderdaad, IPV
Izakdv het gesê op Mei 19, 2009
Ja, hoogheid. Vir ‘n selfoon.
kasper het gesê op Mei 19, 2009
What the [email protected] for?
Jissis.
ludwig.heuer het gesê op Mei 20, 2009
Dit is hartseer en die waansin maak dit net soveel erger …
Izakdv het gesê op Mei 20, 2009
Sê, jy Kasper
Izakdv het gesê op Mei 20, 2009
Inderdaad, Ludwig
Izakdv het gesê op Mei 20, 2009
Ware woorde, Paljas.
Trakie het gesê op Mei 20, 2009
Hel, dis nie reg nie. En so finaal.
Izakdv het gesê op Mei 21, 2009
Inderdaad, Kelkiewyn
Izakdv het gesê op Mei 27, 2009
Ja, Mev Lee, presies.
yokebarrish het gesê op Mei 28, 2009
Ai Izak
Dis net aaklig.
Gisteraand bel ‘n vriendin my
Oor een van haar vriende in hul kerk,
Genaamd Seep
Ongelooflike hunky ou
Verskriklik lief vir die Here
Het Sondagaand nog in die tienersdiens gepreek
En is oppad na ‘n koffiedate toe in ‘n motorongeluk.
Gister breindood verklaar
Vandag besluit hul of die masjiene moet afgesit word
En skielik besef ek net,
Ek sit en huil oor simple dinge in my lewe
Maar ons is nog hier
Hier om ‘n verskil te maak
Om ‘n glimlag op iemand se gesig te sit
Om daar vir ander te wees
Partymaal dink mens so klein
Niks verder as die dag na dag dinge van werk
Wat nie te great is nie
Maar tog is daar soveel meer wat die lewe bide
Terwyl ons nog hier is, kom ons maak ‘n verskil!!!
Ken julle die liedjie van Amanda Strydom(My kamer)
“Ek het lankal immigreer na ‘n kamer in my kop
Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop”
Dit gaan basies daaroor dat ons net tydelik hier is,
Hier het ons dit nou gesien met Freddie,
En die tieners van my vriendin se kerk het dit gesien met Seep,
Ons weet nie hoe lank ons hier is nie, maak ‘n impak
Izakdv het gesê op Augustus 26, 2009
Eish, Yoke