by

The Great Whites of False Bay

Mei 17, 2009 in Sonder kategorie


(Foto vanaf GaySpeak)

Party van julle weet seker dat die uwe ’n kranige fotograaf is. So, wanneer ’n boek soos hierdie my pad kruis, moet ek daaroor verslag doen.

Weet julle hoe amper onmoontlik dit is om ’n foto soos die een hierbo te neem?

Wel, Dirk Schmidt het dit reggekry en sy pragtige boek van 100 bladsye, volkleur, in A4-landskapformaat, is nou beskikbaar.

Dirk se besonderhede volg binnekort, maar ek wil eers gou ’n ander geheim met julle deel. GaySpeak het ’n kompetisie waarin hulle kopieë van hierdie pragboek weggee.

Julle moet dus NIE op hierdie skakel kliek en deelneem NIE, want dan is my kanse om een te wen kleiner. Ek gaan beslis deelneem.

As julle nice is en nie deelneem nie, koop dan maar die boek. Hier is al die besonderhede.

The Great Whites of False Bay
ISBN 978-1-920094-52-2
Prys: R179.95 BTW inkl.

Dirk se besonderhede:

Posbus 174
Simonstad
7995

[email protected]

Faks: 0880217864249

4 antwoorde op The Great Whites of False Bay

  1. DroomKind het gesê op Mei 17, 2009

    Sjoe! Dis ‘n fantastiese foto 🙂

  2. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Inderdaad, Droom.

  3. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Ek stem, Sophia

  4. Izakdv het gesê op Mei 20, 2009

    Goed so, Lulu!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.