by

Pieter Mulder: Joiner of Voorvatter?

Mei 13, 2009 in Sonder kategorie

Ek het vroeër reeds genoem dat ek baie opgewonde is oor Zuma se kabinet (behalwe vir gesondheid). Sy oproep op Pieter Mulder om deel te word van Landbou was veral verblydend, want een van die groot skinderveldtogte rondom Zuma was dat hy, soos Mad Bob, almal se plase gaan afvat.

Vir my is die insluiting van ’n konserwatiewe Afrikaner in daardie belangrike portefeulje ’n uiters positiewe teken. Zuma sê nou aan al die boere: “Ek het julle hoor brom, hier is ’n klinkklare bewys dat julle my oor het.”

Zuma, met al sy foute, het belowe om weer te luister na mense. (Iets wat Mbeki nooit kon doen nie.) Mulder se pos is ’n goeie teken dat daar iets van hierdie belofte kan kom.

Die wit inboorlinge van Afrika bly egter maar vreemd. Ons is altyd dêm gou om enige een wat pragmaties is, te verkla as ’n joiner. Lees gerus PG du Plessis se wonderlike boek Fees van die ongenooides. Enige een wat hoegenaamd wou voorkóm dat vroue en kinders in kampe gesit word, is summier as joiner afgemaak. Tóé al. En nou, meer as 100 jaar later, leer die arme volkie skynbaar steeds nie.

Ek het nou genoeg gegorrel. Daar is twee mense wat dit beter sê as ek – hoewel op verskillende maniere.

1. Mike Trapido se stuk Zuma appointing Mulder should be warmly welcomed kan julle gerus lees. Traps vat heelwat ding raak daar.

2. Dan is daar ons eie Kobus Victor se stuk Klakouse. Ek dink hy sê dit baie goed.

Wat dink julle?

9 antwoorde op Pieter Mulder: Joiner of Voorvatter?

  1. Janklaas het gesê op Mei 14, 2009

    Jy sê dit. Ek dink dit was ‘n versoenende gebaar en dat Pieter dit ook so ingesien het. Hy kan vir die boere baie beteken as ‘n voorspraak in die kabinet. So jammer dat sy eie mense hom as ‘n verraaier sien. Ek wens hulle wil na die groter prentjie kyk.

  2. kobusvictor het gesê op Mei 14, 2009

    Dankie vir die verwysing. En die huidige moddergooiery en dreigemente is net so laakbaar. Ek sien selfs FW sê nou: Gee pres Zuma ‘n kans.

    Ons, die burgerlike gemeenskap, moet net wakker word en begin om ook ons deel te doen. Maar ons het in die verlede mos soos voëltjies in die nes met oop bekkies gewag op die NP om ons te voer.

  3. wild1 het gesê op Mei 14, 2009

    Ek dink dis great. Mense moet ophou pis en moan en negatief wees en maar vir ou Zuma ‘n kans gee. Hy is nou president, almal moet die beste van die saak maak.

  4. zephur het gesê op Mei 14, 2009

    Ek dink dis ‘n goeie gebaar en ‘n geleentheid wat die VF nie kan miskyk nie.

  5. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Ware woorde, Therina.

  6. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Jy stel dit baie goed, Lettie!

  7. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Ek stem saam, Janklaas.

  8. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Kobus, ja. Dis die punt. Ons moet versigtig wees en skerp – en ophou om ons bekkies oop te hou, soos jy dit so mooi stel.

  9. Izakdv het gesê op Mei 18, 2009

    Inderdaad, Willemien!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.