Jy blaai in die argief vir 2009 Februarie.

by izakdv

Nog ’n wonderlike ouma

Februarie 2, 2009 in Sonder kategorie

Julle sal onthou BlackeyedSuz het vertel van haar wonderlike ouma. Liz het daarop kommentaar gelewer, maar dit het weggeraak in harwar oor tienerboeke.

Dit is wat Liz oor haar eie ouma, maar ook oor haar kinders se ouma, te sê het:

My ouma het ons met ‘n nat vadoek geslaan as ons raas wanneer sy wil slaap.

My ma het na ‘n ander dorp gery om daar te gaan pinball speel saam my boeties (bang die mense van die dorp weet), het ons vertel van seks dat dit so lekker geklink het dat ons nie kon wag daarvoor nie; en het op 73 begin klavierlesse neem.

My kinders het self ‘n great ouma!

Terloops, oor my ouma De Vries het ek al geblog, maar ek weet nie hoeveel van julle Hennie van Coller en Bernard Odendaal se stuk oor Miep Nienaber-Luiting gelees het nie. Tant Miep was ’n besondere vrou en iemand wat my die hele tyd uitgedaag het om verby die eng denke van klein Afrikanerkultuur te dink.

(Oor my oupa het ek al vroeër geblog.)