by

Boeke wat kinders laat skater

Februarie 22, 2009 in Sonder kategorie

Mense, in die lig van die ongure boeke 🙂 wat ek vir die kinders aanbeveel op hierdie blog, wil ek tog ’n sober gedagte ook by julle los: Op Saterdag 14 Maart, 09h00, is daar ’n gesprek oor kinderboeke by die Woordfees op Stellenbosch.

Die titel is: Boeke wat kinders laat skater.

Die volgende mense gaan daar wees: Fanie Viljoen, Carina Diedericks-Hugo, Jaco Jacobs, Janie Oosthuysen, Martie Kruger en Martie Preller.

Kaartjies kos net R30.

5 antwoorde op Boeke wat kinders laat skater

  1. Izakdv het gesê op Februarie 22, 2009

    Lo Amni. Ek roer maar net die stroop! Nie almal het gedink daardie strip was so oulik nie.

  2. Dankie vir die kommentaar by my, Izak.

  3. Altwee die “ongure” boeke is baie welkome bydraes met andersoortige perspektiewe – tien uit tien vir uitgewers en die betrokke skrywers. Die probleem met die jeugboeke en dalk ook die Afrikaanse boeke oor die algemeen – is egter daar is bloot net te min boeke – en dus te min verskeidenheid om gretige lesers iets te gee om te lees. Hierdie strip kan wondere verrig en dalk baie nie-lesers wen – maar dan sou daar reekse daarvan beskikbaar moet wees en die kinders moet dit in die hande kan kry. Maar almal probeer. Die pot kan geroer word, maar die boeke is min en word minder. ‘n Mens kan nie van ‘n leser verwag om van elke liewe boek te hou nie.

  4. Izakdv het gesê op Februarie 23, 2009

    Plesier, Berwick!

  5. Izakdv het gesê op Februarie 23, 2009

    Ware woorde, Martie! Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.