by

André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships

Februarie 4, 2009 in Sonder kategorie

André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships begin met: “The existence of this book is almost 100% the result of the Oprah Winfrey Show.”

André sê ook dat hy drie ambisies het: a) Om ’n blitsverkoper te skryf, b) om op Oprah se show te wees en c) om finansieel onafhanklik te wees.

Net soos sy blog, is 15 Universal laws of relationships gevul met humor en interessante staaltjies. Dis geensins ’n outobiografie nie, maar ’n groot deel van die boek se trefkrag wentel om die persoonlike goed wat André deel en waaruit hy dan sy “universele” waarhede aflei.

Hier is ’n voorbeeld; André lys goedgunstiglik die top tien goed wat mans oor vroue weet:

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

Of, luister hier:

As jy direk na haar loop en sê: “Ek is wonderlik in die bed,” is dit direkte bemarking.

As jou vriende sê: “Hy is goed in die bed,” is dit advertensie.

As jy haar die volgende dag bel en sê: “Ek is goed in die bed,” is dit telebemarking.

As jy instap en sý sê: “Ek hoor jy is goed in die bed,” is dit brand recognition.

As jy vir ’n meisie deure oopmaak, vir haar rose koop en lekker bederf, maar steeds alleen huis toe gaan, is dit die realiteit.

Is dit nie great nie?

André verduidelik ook hoe die voorkop moet lyk, hoe die ore moet lyk, hoe ver die oë uit mekaar moet wees … en tog sê André jy gaan nie die perfekte persoon kry nie. Wees nóú al bewus daarvan. (Kies liewer die een met die beste motor.)

Ook, verklaar onse André, ’n man met ’n 4×4 se gereedskap is klein.

’n Groot deel van die boek word gewy aan hoe maniere om goeie seks te kry (bravo!), maar dis nie al nie. Daar is ook ’n aantal baie praktiese goed, soos: As julle al trouklokkies hoor, maak dóódseker dat julle heel eerste van alles ’n voorhuwelikse kontrak opstel. Of, as jy nou daardie flossie het en julle is mal verlief, dink mooi voor jy sommer jou vrou los, want min affairs hou langer as ses maande.

Daar is ook heelwat dieper goed in die boek. Wat maak jy as die vrou net daar lê en jy werk hard tydens seks? Wat is fout met haar? Nee, sê André, wat is fout met jóú? Wanneer laas het jy blomme gekoop, vir haar ’n bad ingetap…

Of: Wil jy die wêreldrekord opstel vir die langste seks? Okay, maar moenie verbaas wees as sy na ’n rukkie ’n tydskrif gaan lê en lees nie.

En, dink jy en die geliefde die Kama Sutra is boring? Lees André se oplossing in 15 Universal laws of relationships.

Jip. André noem die kind op die naam. Sy agste wet is vir vroue geskryf: Men do not change for the better after they marry. M.a.w. moenie met hom trou om hom te verander nie, it ain’t gonna happen.

Vir die mans is daar ook ’n aparte een, die negende: A thing of beauty is not a joy forever. André sê dis soos ’n nuwe motor: Na ’n tydjie ruik dit nie meer so lekker nie, en die skete begin wys… Maar, jy kan nog vir haar lief wees!

Sy dertiende is vir mans én vroue: If it sags or droops, fix it. Dus, gaan gym toe en bly fiks. Ek het André en sy vrou al ontmoet, en hulle doen dit duidelik.

Nog iets waaroor André uit sy eie lewe aanhaal, is die tweede wet: Alcohol is not the solution. Hy is baie eerlik oor sy eie stryd met alkohol en ontmoedig mense nie om dit matig te gebruik nie, maar as dit jou baas word …

Dus?

Wel, ek dink julle het afgelei dat ek die humor in die teks geniet het en dat ek waardering het vir dit wat André doen.

Ek is egter die verkeerde “mark” vir dié soort boek. Ek kyk nooit Oprah nie. Ek weier om Stephen R. Covey of Robert Kiyosaki te lees, want ek wil weet wat Warren Buffet en George Soros te sê het, of selfs Simon Marias van Allan Gray (nie John Gray nie). Ek stel ook belang in sosiologie, so die idee van verhoudings wat volgens universele wette loop, is vir my net so vreemd soos sewe wette om enige mens ryk en suksesvol te maak. Feministe sal waarskynlik ook rooi sien, eerder as sterre, oor enkele op- en aanmerkings in die boek.

Maar, dis nie punt nie. Talle mense waardeer ’n toeganklike, leesbare gids op die stormsee van die lewe. En hoekom nie?

As jy Oprah kyk, lééf volgens The Seven Habits of Highly Effective People en reeds besluit het dat Men Are from Mars, Women Are from Venus blerrie akkuraat was, dan is André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships net die ding om weer die planete in jou universum te laat loop volgens die bane wat vir hulle uitgemeet is. Koop dan hierdie boek en maak van André ’n “best-selling author”.

Die boek lees maklik, is goed geskryf en is vol kwinkslae wat die streng reëls van die heelal relativeer, iets waarvoor ek baie waardering het.

Die agterblad waarsku duidelik:

This is not a textbook. It is meant to be read as fun and entertainment, but contains numerous gems to help you avoid the pitfalls that cause relationships to break down. Whether you are sixteen or sixty, new to dating or already in a relationship, this book will help you make the right decisions to ensure that you both have a lot of fun.

Fun. Dís dalk ’n goeie woord om André se boek mee op te som.

Wanneer André die dag op Oprah verskyn, gaan ek ook kyk!

19 antwoorde op André S. Kamer se 15 Universal laws of relationships

  1. hutton het gesê op Februarie 4, 2009

    😉

  2. Hey Izak…fantastiese review, ek sal graag hierdie boek aan die hande wou kry. Geniet jou dag.

  3. Dis ‘n baie nice resensie – sê iets oor die boek en gee jou opinie vir ‘n moontlike teikenmark, sonder om jou eie opinie as die alfa en omega aan te bied. Ek dink dis die “probleem” met resensies – dit IS altyd subjektief (soos meeste resensente erken en soos Maankind ook vanoggend vir Jung aanhaal) maar dan is hulle steeds die “ekspert” wat deur ‘n boekeredakteur gevra word om dit te skryf vanweë hulle “kwalifikasies” – hulle kry die boek (koop dit nie) en hulle word betaal (minimale bedraggies) Hulle lees dit nie vrywillig nie. En dis waar al die dinge inkom … mense maak afleidings – hierdie kant toe en daardie kant toe – hoe anders? Ons is mense. Maar hierdie is baie interessant – beide jou resensie en die boek – ek het gesmile oor sommige van die goed. Klink na ‘n baie “waar” perspektief – maar ek gaan nou eers daaroor blog en julle almal hou my uit die werk en dit sal alles JULLE skuld wees 🙂 🙂 as ek nie my goed hier kan klaarkry nie. Sheesh – dit moet IEMAND se skuld wees en om vir ander die skuld te gee is my skild 🙂 🙂

  4. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Hi Cindy, it is a lot of fun indeed.

  5. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Hi Griet, so ‘n kombinasie van albei!

  6. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Hallo Hutton!

  7. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Empress, koop hom!

  8. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Waar woorde, Martie! Ek het al daar by jou ingeloer. Welkom op blogland!

  9. soos gewoontlik geniet ek jou blok en gesels oor boeke en dinge.. dankie !!

  10. Baie dankie Izak, goed gedaan en baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het om so in diepte daarop in te gaan. Dit word waardeer.

  11. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Dankie Elza

  12. Izakdv het gesê op Februarie 4, 2009

    Plesier, André! Ek het dit geniet.

  13. Andre se boek is die volgende op my lys! Dankie, Izak.

  14. Izakdv het gesê op Februarie 5, 2009

    Skote, Joanna!

  15. Izakdv het gesê op Februarie 5, 2009

    Geniet dit, Alix.

  16. ezile het gesê op Februarie 6, 2009

    Baie dankie dat jy soveel moeite doen om ander skrywers se werk met soveel deernis te lees en te resenseer. Ek sal uitkyk vir die boek – dankie vir jou skrywe. (Ek dink dit gaan sommer ‘n goeie geskenk ook wees vir iemand wat ek ken.)

  17. … en as jy na 15 jaar se getroude lewe gereld droëbek gaan slaap is dit swak “post-sales service!”

    Dit lyk hoogs amusant, Izak- selfs al het ek maar min vertroue in (D)Oprah

  18. Izakdv het gesê op Februarie 6, 2009

    Ezile, enige resensent wat sy / haar sout werd is, lees ‘n boek vir die sterkpunte.

  19. Izakdv het gesê op Februarie 6, 2009

    Bigbigjoe. Ek en jy praat dieselfde taal!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.