by

Seuntjies!

Januarie 31, 2009 in Sonder kategorie

Genoeg gewroeg vir eers. (Kassie sê my blog begin klink na die Mail & Guardian.) Dus, hiermee ’n oomblik uit my lewe.

Kleinman ontdek vanoggend miere in die eetkamer. Hy haat miere. Hy wil hulle vergiftig. Ek pleit vir ’n alternatief en belowe om hulle op te vee.

Ek gaan kry die nodige, net om terug te kom en te sien hoe kleinman ’n halfkoppie Sunlight Liquid op die miere uitgee.

Goed, hulle is morsdood, en dis meer organies, ek stem. Maar saam-saam besluit ons dat dit beter is om op te vee voor sy ma by die huis kom.

Ek sê ek gaan lappe kry, en verdwyn.

Ek kom terug en kleinman het reeds twee liter water op die seep gegooi.

Genade.

Ons vee op, maar hoe meer ons opvee, hoe meer skuim dit en hoe verder versprei die probleem. Verder is pa en seun albei kaalvoet, en ons hardloop heen en weer wasbak toe …

Na ’n paar minute sê ek: “Nee! Wag, ek gaan haal handdoeke.”

Vier groot handdoeke later begin ek en hy op en af skaats op die vloer. Dit werk. En kleinman sê: “Now the fun starts!”

Laat my dink aan Dr Zeus se The cat in the hat. Ek het gevoel soos die outjie wat van die pienk moes ontslae raak.

13 antwoorde op Seuntjies!

  1. hutton het gesê op Januarie 31, 2009

    😉

  2. “This is the stuff that memories are made of…”

  3. Trakie het gesê op Januarie 31, 2009

    Ag, hoe lekker!
    Blykbaar help swartpeper ook vir miere. Dink net watse pret DIT kan afgee!

  4. sprokie het gesê op Januarie 31, 2009

    Ag oulik! Se vir Kleinman hy moet die miere eet, as ek reg onthou proe hulle nogal lekker 😉

  5. Dag Izak. Ag, dit is soms so moeilik om te besluit hoe ‘n mens op ‘n seuntjie se ‘ontdekkings en eksperimente’ moet reaggeer. Partykeer is dit so ‘n enorme gemors wat weer moet skoon – maar hoe anders gaan die man leer? Ek het die wonderlike quote van Dr. Seuss ontdek wat na my mening presies ‘n ouer se probleem opsom: “You have brains in your head. You have feet in your shoes. You can steer yourself in any direction you choose. You’re on your own.
    And you know what you know. You are the guy who’ll decide where to go.”

  6. wild1 het gesê op Februarie 2, 2009

    Ag dis so oulik!

  7. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Hallo Hutton!

  8. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Inderdaad, Ghaap

  9. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Inderdaad, Elizabeth!

  10. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Kelkiewyn, dalk volgende keer? Dankie!

  11. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Prinses, kleinman sê miere is te suur, hy het al probeer.(Ek het gevra.)

  12. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Hallo Boekevat, ons het daardie boek waarin daardie quote is. Wonderlik!

  13. Izakdv het gesê op Februarie 2, 2009

    Hallo Willemien!

Los ’n antwoord vir Trakie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.