by

Toorberg, Wikkelspies en die “classics”

Januarie 26, 2009 in Sonder kategorie

Niemand het die verwysing na Toorberg aangegryp nie. Nou sal ek maar die vrae vra. Die boek is steeds op sommige voorgeskrewe lyste.

Nou is die vraag: Moet kinders op skool al bekendgestel word aan die klassieke werke in ’n letterkunde, of moet ons vir hulle ’n liefde gee vir lees?

Anders gestel: Moet hulle Breinbliksem of Toorberg lees? Zita of Die uurwerk kantel? Moet die Engelse kinders Romeo and Juliet doen, of Strange Nervous Laughter van Bridget NcNulty? (Sien my resensie van laasgenoemde as julle dit nog nie gelees het nie.) Things fall apart, of Praise Routine number 4? (Laasgenoemde, van Michael Rands is heerlik, en hartseer. Ek gaan dit binnekort resenseer.)

McNulty en Rands is kontemporêre, Suid-Afrikaanse skrywers, soos ook Fanie Viljoen en Anzil Kulsen. Gaan loer ’n bietjie op Fanie se blog hoe kontemporêr sy Onderwêreld is.

My Engels-onnies in Pietermaritzburg het my leer Engels praat en skryf (gelukkig, want ek werk deesdae in Engels) en hulle het ons lief gemaak vir lees. Jeffrey Archer was op die spyskaart, nie Shakespeare nie.

En weet julle wat? Ek lees en kyk graag Shakespeare. Hoekom? Ek is lief vir lees. Dis hoekom.

Ek het Toorberg al in standerd sewe gelees (op my eie, nie as voorgeskrewe boek nie). En ek het dit geniet. Heelwat van my vriende het dit ook gelees en geniet. Dit kán dus op daardie ouderdom reeds tot jongmense spreek.

Maar is dit ’n skool se plig om kinders die oertekste te leer? Op universiteit moet mense die klassieke tekste lees, ja. Maar op skool?

Hier is mý antwoord. Ek dink daar is ruimte vir albei. Kinders wat oor die algemeen nie lief is vir lees nie, sal Toorberg nie geniet nie. Gee dan liewer vir hulle iets soos Deon Meyer (enige een). Toorberg, soos enige van Meyer se werke, is ’n speurverhaal. Maar, Toorberg is ook ’n literêre verhaal. Vir die sterk kinders moet ons Meyer én Toorberg doen. Net soos die sterker klasse Eugene Marais én Loftus Marais se gedigte moet lees. (Loftus gebruik sommer woorde soos kak in sy gedigte, iets wat die verfynde Eugene nie sou doen nie 😉

“Die Engelman” (uit Byna Liefde) is byvoorbeeld hierdie jaar een van die voorgeskrewe verhale in matriek. Ek is bly daaroor, maar ek dink dit sal bitter jammer wees as sterker kinders nie ook aan Jan Rabie se kortverhale, of meester Abraham s’n, blootgestel word nie. En wat van Riana Scheepers? Sy is een van die klassieke stemme in ons letterkunde. Rachelle Greeff? Wie nog?

Wat dink julle?

Terloops: The Tempest speel tans in die Baxter. Anthony Sher en John Kani speel daarin. Bliksem, mense, wie beter? Van Kaapstad af vlieg hulle na die Royal Shakespeare Company se Courtyard Theatre in Statford-upon-Avon vir die begin van hulle toer deur Engeland.

En As you like it wys in Maynardville se opelugteater.

Ek wil albei gaan sien. Wie kom saam?

Soos die Kombi, wat sestigsmusiek speel, vir die Jeep sê, in Cars: “Respect the classics, man!”

40 antwoorde op Toorberg, Wikkelspies en die “classics”

  1. Izakdv het gesê op Januarie 26, 2009

    Maankind. Inderdaad. Ek stem saam. Ek voel egter dat kinders wat JUIS nie lees, dan liewers een of twee ligter goed moet doen vir matriek … Ek weet nie. Maar vir die sterker kinders, wel, ek dink hulle sal goeie werk geniet.

  2. Izakdv het gesê op Januarie 26, 2009

    Lowercase v, ek dink jy’t ‘n punt beet. En ek dink jou onnie was baie slim om ook comics aan te bied. Dankie!

  3. Izakdv het gesê op Januarie 26, 2009

    V, jy blog nou vinniger as wat ek kan antwoord. STUUR daardie storie vir ‘n uitgewer! Lapa en NB het albei fantastiese mense wat sal kan raad gee en help.

  4. Izakdv het gesê op Januarie 26, 2009

    Lo-Ammi. Inderdaad. Onnies is wonderlike goed.

    Ek het skitterende onnies gehad, en hulle het my op skool al aangemoedig om te skryf, en te lees. Iets wat ek nou nog doen!

  5. Jip – ek dink ook mens moet kinders aan soveel as moontlike verskillende soorte boeke blootstel. Jy weet nooit watter een gaan tref en dalk ‘n liefde vir lees maak nie. En ek stem ook ongelukkig saam met Maankind – as kind nie wil nie, sal hy/sy nie. Meer as blootstel aan boeke en geleenthede gee kan mens nie. Maar dis ook waar van meeste dinge in die lewe.

  6. Ek het destyds voor ek die Kies jou eie avontuurreeks geskryf het wat LAPA nou herdruk het, klomp stukke oor lees en kinders se leesgewoontes ens by Marina le Roux se Iskemus gekry en gelees. Dit was geweldig interessant. Hulle het daarin onder andere gepraat van die sogenaamde “trae” leser – en dikwels is hulle meer aktiewe kinders wat nie so lank kan stilsit om stories te lees nie, of hulle hou dalk meer van tydskrifte, of van nie-fiksie boeke oor onderwerpe wat hulle interesseer. Die kies jou eie avontuur-boeke waar die storie verskillende verlope en eindes het, afhangende van die keuses van die leser, sal sulke kinders dalk meer fassineer. En as die bekoring van stories dalk op daardie manier kom, groei dit dalk. Jip – soveel as moontlik verskillende boeke – nie net op skool nie, maar orals – wat moeilik is in ons omstandighede met ons min lesergetalle. Maar ons probeer almal – en dis wat tel.

  7. halo Isak… ek leer nogsteeds by jou

  8. Vetjan het gesê op Januarie 27, 2009

    Die maklike boek Izak, altyd die maklike boek. Kry hulle eers aan die lees, die res sal later vanself kom. Jou “natuurlike” lesers gaan in elk geval al die ander boeke lees, veral as iemand dit vir hulle aanbeveel.

  9. Ek dink ons moet ‘n balans handhaaf en beide inbring, Izak. Maar ek dink dis presies wat jy bepleit. Willie Wikkelspies? Ek het as Engelse onderwyseres gevind dat as die onderwyser regtig entoesiasties is, kan leerlinge die taalprobleem oorbrug… en die leerlinge kan vandag nog sterk met die temas identifiseer. Maar ja, daar is baie vars, kontemporere werke wat die anders
    kant van die balans kan handhaaf. ‘Toorberg’? Absoluut. ‘Things Fall Apart?’ Sal nou nie eintlik ‘n liefde vir lees aanwakker nie, as jy my vra! Kinders, swart en wit, is al ‘n bietjie moeg vir politiek in hulle literatuur. En hulle vertel dit hard en duidelik vir jou.

  10. Izak ek stem saam met jou. Kinders moet al relevante boeke gegee word. Soos Petrus sê kry hulle eers aan die lees. Ek dink die skole moet wegbly van die swaar tekse.

  11. Hene, Izak, ek dink MaanKind is reg.
    Ek het my kinders gevoed, gekook, gebad met boeke …maar nie een van hulle is lesers nie.
    Ek verstaan dit nie.

  12. NARITHA het gesê op Januarie 27, 2009

    ((((HUGS))))

  13. aixo het gesê op Januarie 27, 2009

    …die uurwerk kantel …….. is nou-nog in my my rak …….het dit nog by my vrindin V gekry ….. maar wil ander punt maak , ek kom agter om net ‘in ‘n taal’ te lees, is goed , maar as jy weg vanaf dit ‘leef’, bly jy agter , al is dit net een duim …

  14. Sjoe dis ‘n moeilike een! Hier in Kaasland kry die brugklassers (Groep 8) ‘n leeslys van ongeveer 30 boeke. Die boeke wissel van ou klassiekers soos “Koning van Katoren” en “Oorlogswinter” tot die mees onlangse publikasie van Carrie Slee. Slee staan bekend daarvoor dat sy elke jaar ‘n nuwe roman vir meisies skryf. Die kinders kan self kies watter 5 boeke hulle wil lees en behandel dan self die boeke in ‘n voorlegging & verslag. Die klem in die klas val dan op korter tekste uit diverse genres. Of leesgewoontes op die manier enigsins beter bevorder word: ek het my bedenkinge. In Engels, Frans en Duits word meestal ‘condensed’classics gebruik in die laer groepe. So het my jongste vanjaar met ‘n condensed van “Cry the beloved country” by die huis aangekom want haar juffrou het gedink dis goed omdat sy uit RSA kom. My kind lees liewer Louise Rennison se boeke: Alan Paton was moeilik verteerbaar.
    Ek dink wel ‘n mens kan kinders se horison verbreed deur ook van multi-media gebruik te maak. Is dit after all so erg om eerder na ‘n fliek van “Macbeth”/ “Great Expectations”/ “The count of Monte Cristo” te kyk as om die boek te lees? Net jammer ‘n mens kan dit nie met Afrikaase boeke doen nie.

  15. Ek het my opinie geblog – dis heeltemal te lank vir kommentaar!

    NS jy kan vir my ‘n plek in daai kombi bespreek vir beide die Baxter en Maynardville 🙂

  16. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Griet, dankie! Dis goeie nuus!

  17. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Alix. ek sukkel nog om by die begin van die seekoeistorie te kom.

    (v, help!)

    Ek is bly dat jy ‘n paar boeke gekry het wat die jongmense kan en wil lees.

  18. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Dankie, Martie. Ek dink ook verskeidenheid is nogal belangrik!

  19. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Elza, ek leer ook nog

  20. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    My gevoel ook, Petrus.

  21. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Joanna, goeie onnies is goud werd, nie waar nie!

    Snaaks, Toorberg is ook ‘n baie politieke teks, min mense het dit nog raakgesien.

  22. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Dankie, Frika. Enige voorstelle wat skole wel moet doen?

  23. Het vandag ietsie oor byna liefde geblog.

  24. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Lou. Daar is nie eenvoudige antwoorde nie. Jy het probeer!

  25. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Hi Beertjie!

  26. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Interessant, Pruimtwak. Ek lees baie Nederlands, en ja, ek besef dat ek nie altyd strekkings snap nie, al verstaan ek die woorde. Wonder hoe Boekevat dit ervaar?

  27. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Boekevat, Koning van Katoren is een van my gunstelinge!

    Ek hou baie van jou idee van multimedia.

    Toe ek jonger was het ek ook condensed versions gelees. Nou soek ek die volle ding!

    Dankie.

  28. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Suz, dankie vir die mooi woorde. Weet jy, voorlees en luister is ook lees!

    Kyk na Ludwig en sy vrou. Hy lees, sy luister!

  29. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Sieltjie, ek stem saam!

  30. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Droomkind. Ek het gelees. Dis great. Dankie.

    En, jy’s BAIE welkom op die kombi!

  31. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Dankie, André. Ek het gesien. Mooiloop.

  32. Stem met jou oor Jan Rabie–hy was ‘n ware woord-skilder.
    Ek het ook die hele bib deurgedraf teen St6 al, insluitende die Grootmens seksie – met toestemming van my pa natuurlik – Konsalik en so ‘n paar Russe oa, as ek reg kan onthou…toe nog net Afrikaans gelees… Shakespeare op skoolwas baie rof veral vir ‘n Vrystater…maar nou j…a…
    Luister Isak, watter uitgewers sal belangstel om ‘n boek te publiseer met ‘n titel soos
    How SA WILL win the FIFA Worldcup 2010
    Enige idee…

  33. Izakdv het gesê op Januarie 27, 2009

    Francois
    Enige uitgewer. Hang van die inhoud af.
    Zebra (‘n Struik-afdeling) sou my eerste keuse wees.
    izak

  34. sprokie het gesê op Januarie 27, 2009

    Ek onthou iemand het eenmaal vir my gese dat hul in Nederland op skool ‘n keuse het uit tien voorgeskrewe boeke. Hulle kan daaruit ‘n sekere aantal kies, kan nie onthou hoeveel nie. Hierdie lys bestaan uit ‘n wye verskeidenheid werke, van classics tot speurverhale. O, ek sien nou Boekevat se ook so…

    My ouma was ‘n Engelse onnie, en het haar leerlinge laat cartoons lees. Sy het baie kritiek gekry daaroor, maar sy het geredeneer dat dit beter is as om niks te lees nie. Een van haar oud leerlinge hou vandag by dieselfde skool skool, en sy laat haar leerlinge ook cartoons lees. So dit het afgesmeer.

    Ek stem saam met Boekevat, ‘n liefde vir lees, ongeag wat, is uiters belangrik!

  35. gidivet het gesê op Januarie 27, 2009

    Izak, hierdie gesprekke is só interessant. Ek kan dink aan verskeie dinge om te sê, maar dalk moet ek probeer om dit te blog in die volgende paar dae. Intussen, in antwoord: Bied die hele spektrum aan, gee kinders een of twee verpligte en ‘n hele lang lys boeke om uit te kies. “Condensed Books” het my die oorgang na Engels lees help maak.

  36. Dankie sal kyk…

  37. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2009

    Prinses, dit klink na die regte soort onnie daai!

  38. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2009

    Dankie, v

    Ek was te dom om nommer een uit te kom, ek het die hele tyd 2 gekry. En nou sien ek die mooi lysie langs die kant!

    izak

  39. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2009

    Dankie gidivet, blog daaroor, ons sal kom lees. Wat gaan tans in die Engelse skole aan?

    En ja, soos reeds gesê, ek trek nie my neus op vir condensed books nie. Deesdae verkies ek die regte ding, maar sonder condensed books sou ek ook minder gelees het.

  40. Izakdv het gesê op Januarie 28, 2009

    Sterkte, Francois

Los ’n antwoord vir kookpunt. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.