by

Afrika

Januarie 20, 2009 in Sonder kategorie

Hallo julle

Ek het ’n goeie dag gehad, dankie.

Dankie vir almal oor die wye wêreld wat my dag spesiaal gemaak het.

Kleinman het nou eers tot rus gekom, die geliefde slaap al, so ek kom gou hallo sê.

Martie Preller is besig om wonderlike goed te sê by die inskrywing oor Die verdrinking van Josua van Eden, en ek skuld haar ’n antwoord, maar ek is nou te vaak om slim genoeg te wees.

Daarom wil ek iets aanroer oor ’n vraag van die Prinses, oor Afrikakulture. Ek gaan nie nou haar vraag beantwoord nie, maar ek wil eerder vra: Hoeveel weet ons werklik van ons eie kontinent?

Een van my medewerkers, Lynne Smit, was onlangs in Mali.

Kyk hoe vertel sy van die manier waarop die jakkalse die geestelike leiers help om antwoorde te kry op mense se vrae.

Jare gelede, in Kom slag ‘n bees, het ek ook ‘n storie vertel oor ‘n man gehelp is deur ‘n sangoma.

En weet julle wat ’n Toguna is? Dis ’n plek waar mans ontmoet, en moet buk om in te kom. Lynne noem dit ’n “remedy for arrogance” en sê:

Every village, no matter how small, has one. Its a place of meeting. It a place where the village elders pass down their pronouncements and decide in disputes. Its the place where the men congregate in the evenings.

Tog let sy op dat vroue nie soheentoe gaan nie. Sy wonder, effens tong in die kies, of die vroue nie nodig het om van hulle arrogansie afstand te doen nie?

Lees ook gerus hoe sy opgegradeer is na die presidensiële suite na die hotelbestuurder haar op TV gesien het.

’n Goeie vriend van my was onlangs gereeld in Timbaktu. Wie van julle kan dit op ’n kaart kry, of sou kon raai wat ’n senior ingenieur gereeld daar gaan doen?

Prinses. Dis nie ’n antwoord op jou vraag nie, wel ’n soeke na ’n antwoord wat ek al lank oor gewonder het: Wie is Afrika?

Kyk op die blogs om julle. Orals is stukkies Afrika, selfs in die woorde van ons Prinses, Lorinda of Boekevat.

5 antwoorde op Afrika

  1. tronkie het gesê op Januarie 20, 2009

    Hulle = hehe – hulle – sê mens verjaar solank as wat jou goeie wense aanhou – so jy verjaar nou 12:16 nm nog steeds – en ek sê weer Baie geluk met jou verjaarsdag, Izak.

  2. Izakdv het gesê op Januarie 20, 2009

    Dankie, Tronkie!

  3. sprokie het gesê op Januarie 20, 2009

    Haha, so die toguna is ‘n gentelmen’s club in westerse terme. Weet jy Izak, jy is reg, ons is almal Afrikane, dankie dat jy hieroor skryf. Ek wil ook nog iets hieroor skryf later die week, presies ook oor die homogene idee wat almal het oor Afrika, en die eintlike diversiteit.

  4. Izakdv het gesê op Januarie 20, 2009

    Ek lees graag, Prinses

  5. Vetjan het gesê op Januarie 21, 2009

    Izak, veels geluk !

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.