by

Bestek op 18 Januarie 2009

Januarie 18, 2009 in Sonder kategorie

Met apologie aan Johan Myburg*

praat netnou met myself
wat môre veertig word, kyk
in ’n spieël. my lyf, dis duidelik,
verdik. oë fokus goed, maar melanome

skryf in donker ink norse memo’s
in morsekode onder vel. geheue maak
knope los, vergeet ontkopings.
wat het ek teen veertig bereik?

pruttel ek. die gesig van die wêreld
verander? moenie glo nie! ek is nie eens
’n moesie op ’n wang nie! onbeduidend.
wat het ek om te wys? wel ’n kind

koffers, dus, uitgepak
in huis paleis gesinspondok. dis al.

L’ envoi

soos gemeld nie eens ’n digter nie, gesteelde
vers vir blog. want kleinman eet
tyd. dus? DANKIE, julle
vir die reise sonder tas, sonder pas.
(wanneer dit kleinman pas)

*Johan Myburg se oorspronklike vers, “bestek”, verskyn in Kamermusiek, uitgegee deur Lapa.

(Die afgelope paar dae was gek. Ek sal my bes doen om meer gereeld hier te kom inloer.)

29 antwoorde op Bestek op 18 Januarie 2009

  1. Izakdv het gesê op Januarie 18, 2009

    Dankie Murphy, vir albei!

  2. Happy Birthday 2 U Tralalala Happy birthday 2 uuuuuuuuu!!!!

  3. Ceara het gesê op Januarie 18, 2009

    Bly om jou weer te sien! Gelukkige verjaarsdag en ‘n baie kreatiewe jaar vir jou….

    PS Die gesig van die wereld word wel verander deur die effort van mense…

  4. Izakdv het gesê op Januarie 18, 2009

    Dankie, Elza!

  5. Izakdv het gesê op Januarie 18, 2009

    Ah, Lorinda, wat jy sê oor die gesig van die wêreld is so waar! En tog moes ek met Myburg saamstem dat die individu soms klein voel teen wat gebeur.
    Dankie!

  6. Dit laat my dink aan Ingrid Jonker se “Die kind wat geskiet is…” Daar kan nogal goeie intertekstualiteit uitgehaal word. Dit gee moed en hoop, ten spyte van…

  7. Izakdv het gesê op Januarie 18, 2009

    Hallo Elizabeth. Jy’t ‘n goeie neus vir intertekste!
    izak

  8. gidivet het gesê op Januarie 18, 2009

    Snaaks dat mens op 40 bestek opneem. Dit hou gewoonlik ‘n hele paar jaar aan….My beste skool vriend het nou die dag simbolies sy eerste Salusa 45 pilletjie gesluk. Gelukkig verkoop hulle nie daardie pilletjies hier in Engeland nie. Ek kies eerder die rooi pil. (met apologie aan “The Matrix”)

  9. Izakdv het gesê op Januarie 18, 2009

    Hallo gidivet. EK het al vergeet van Salusa 45.

    Op die oomblik hou fietsry en die kleinman my darem nog fiks.

    Dankie vir die inloer.

    izak

  10. tronkie het gesê op Januarie 19, 2009

    Lekker verjaar, ou maat, lekker verjaar!!

  11. sprokie het gesê op Januarie 19, 2009

    Hi Izak, ek het netnou ‘n gesprek met iemand gehad wat my laat wonder het oor kleinman. Word hy enigsins blootgestel aan Afrika kultuur, of is dit moeilik? Gaan hy skool in Afrikaans? Klink darem nie of hy viktim is van diskriminasie nie…

    Oor Ysland, ek het ‘n baie goeie deal gekry, nogal ‘n hotelkamer (gewoonlik bespreek ek net ‘n bed en hoop maar net ek deel nie met dodgy mense nie)! Erg dat ek baatvind uit ander se smart, maar nou ja, that’s life 😉

    Lekker verjaar hoor, 40 is nie oud as jy ‘n boom is nie!

  12. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Dankie, Tronkie!

  13. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Prinses.
    Ek moet eintlik ‘n hele blog afstaan aan ‘n antwoord, maar in kort:
    – Toe hy baie klein was, het ons ‘n au pair gehad wat uitsluitlik met hom Xhosa gepraat het. Vandag kommunikeer albei egter, uit keuse, in Engels met mekaar. Kleinman kan egter Xhosa verstaan.
    – Ek en die geliefde is lief daarvoor om ons aan verskillende kulture bloot te stel, en die kleinman deel ons belangstellings.
    – Ons praat Afrikaans by die huis, hy gaan in Engels skool. Hy is dus vlot tweetalig.

  14. NARITHA het gesê op Januarie 19, 2009

    More Izak 🙂 ‘n heerlike week vir jou.
    ((((HUGS))))

  15. Die Goue son
    Die more dou
    Die dag breek aan
    Dis net vir jou.
    GELUK!!

  16. johrne het gesê op Januarie 19, 2009

    jy lyk 30!!!

  17. Mooi een Izak en 40 is soos goeie wyn 🙂 Baie geluk!

  18. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Hi Beertjie, dankie!

  19. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Lou, dis mooi, dankie!

  20. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Dankie, Maankind!

  21. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Johrne, jy’s wonderlik!

  22. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Droomkind, ek hou daarvan! Dankie.

  23. Izakdv het gesê op Januarie 19, 2009

    Sieltjie, dis ‘n mooi manier van kyk daarna!

  24. Berwick het gesê op Januarie 20, 2009

    Baie geluk, Izak!

  25. Izakdv het gesê op Januarie 20, 2009

    Dankie, Berwick

  26. Izakdv het gesê op Januarie 20, 2009

    Dankie, SwartogieSuz!

  27. pasella het gesê op Januarie 20, 2009

    Geluk met die veertig!

  28. Izakdv het gesê op Januarie 20, 2009

    Dankie, Lewies!

  29. Izakdv het gesê op Januarie 21, 2009

    Mooi gesê, Sieltjie! Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.