by

Byna Liefde op die Bergrivier?

Januarie 1, 2009 in Sonder kategorie

Ek het dié tweetjies afgeneem op die oewer van die Bergrivier. Dit was verbrands vinnig en alles was oor. Praat van ’n quickie!

Daar, ’n klipgooi van die Bergrivier se monding, het ek Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam gelees. WOW. Daar is ’n paringsdans in daardie boek wat julle na julle asem sal laat snak.

As ek meer tyd het, sal ek meer breedvoerig berig oor Etienne se roman. Lees dit. Bliksem, dis kragtoer.

5 antwoorde op Byna Liefde op die Bergrivier?

  1. veralda het gesê op Januarie 2, 2009

    ek is nou op bladsy 243 van die dertig nagte in amsterdam en daar is nog tien nagte van die vakansie oor. sjoe maar sowat van byvoeglike naamwoorde – daar is baie …

  2. sprokie het gesê op Januarie 2, 2009

    Etiene is vir my nogal ingewikkeld, maar as ek baie tyd het sal ek hom aanpak. Op die voel topic: jou lelkraanvoel storie was vir my net so pragtig 🙂

  3. Izakdv het gesê op Januarie 2, 2009

    Daar is verskriklik baie byvoeglike naamwoorde, Poppie!

  4. Izakdv het gesê op Januarie 2, 2009

    Maankind, dis hoekom ek hom ook eers tydens my kort wegkomkans opgeneem het.

  5. Izakdv het gesê op Januarie 2, 2009

    Dankie, Prinses! Sulke koninklike woorde beteken baie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.