by

The novelty of the novel

Desember 27, 2008 in Sonder kategorie

Een van die voordele van insomnia is dat ’n mens soms tyd kry om te lees. Ek wil graag ’n interessante teks met julle deel. Bert Olivier, die Baaise filosoof, het ’n stuk geskryf oor “the novelty of the novel”.

So lui die eerste paragraaf:

One of the most enjoyable things that one can share with one’s wife, husband, lover or partner, must surely be reading with and to each other. And what better form of literature to share in this fashion than the ever “novel” literary phenomenon, to wit, a novel. Sure, if both of you happen to be academic types, the odd philosophical or psychoanalytical text makes good reading together, too, but when it happens at night, before going to sleep, a novel is invariably the better, more enjoyable choice.

Dis nie ligte leesstof nie, maar dis baie interessant. Hier is die volledige skakel.

19 antwoorde op The novelty of the novel

  1. veralda het gesê op Desember 27, 2008

    ek lees op die oomblik 30 nagte in amsterdam, dit gaan maar moeilik, dit gaan my omtrent 30 nagte neem om dit te lees. dan het ek nog alleen insomnia, wat beteken ek lees saam en vir my alterego – sy kom met die sekelmaan.

  2. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Poppie, ek is ook besig met 30 nagte! Sal aan jou dink as ek sit en lees.
    Mooiloop!

  3. tronkie het gesê op Desember 27, 2008

    Ai en nou verlang ek na my pa. Hy lees elke aand vir my ma as sy in die bad sit. Whatever comes to his fancy, maar hy lees vir haar. En sy luister.

  4. gidivet het gesê op Desember 27, 2008

    Nog ‘n slapelose siel. Ai tog. Welkom noudat jy teen wil en dank hierdie uur met ons deel. Daar is ‘n paar amptelike dokumente in my tas wat dalk net die regte teenvoeter vir jou toestand is. As ‘n “novel” sal dit ongelukkig nie die paal haal nie.

  5. Ek kan net nie verstaan dat iemand sonder ‘n boek kan gaan slaap nie.

  6. NARITHA het gesê op Desember 27, 2008

    Goeie more, ‘n heerlike dag vir jou.

  7. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Tronkie, dis darem nou pragtig!

  8. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Gidivet. Ek lees ook soms amptelike goed om my oor te hel na die waansin van slaap!

    Hoe gaan dit met die nuwe praktyk?

  9. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Lou. Lees is vir my ook ‘n wonderlike manier om die grense tussen en netnou oor te steek.

  10. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Hallo Beertjie!

  11. hutton het gesê op Desember 27, 2008

    😉

  12. Ja, dis beslis so…’n novel doen dit vir my! Ek het nou die dag The life of Pi deur Yan Martel gelees – of moet ek eerder se opgesuig. Dis ‘n meusleurende, intoxicating boek wat ook jou kop heeltemal skuif ten opsigte van wilde diere en dieretuine. Ek was vir ‘n paar dae lank hoog van daai boek en het vir die eerste keer in ‘n lang ruk gewens ek het iemand gehad om dit mee te deel.

    Verder moet ek ook se dat dit darem altyd heerlik is om poetry saam met iemand te lees. Veral Breytenbach, maar dan ook Rilke en Neruda…en Antjie Krog en Gabeba Baderoon!

    Ek het 5 jaar lank geborsvoed en ‘n die nagte die Russe (Tolstoy, Dostoyefsky en Pasternak vir my babies gelees…)

  13. gidivet het gesê op Desember 27, 2008

    Ek het jou ‘n privaat boodskap gestuur.

  14. Ceara het gesê op Desember 27, 2008

    Baie dankie vir die skakel!

  15. Izakdv het gesê op Desember 31, 2008

    Hallo Hutton

  16. Izakdv het gesê op Desember 31, 2008

    Palomino, watter gelukkig kinders het jy nie!

    En The Life of Pi, og, een van my gunstelinge!

  17. Izakdv het gesê op Desember 31, 2008

    Sal loer, Gidivet!

  18. Izakdv het gesê op Desember 31, 2008

    Plesier, Lorinda!

  19. Izakdv het gesê op Desember 31, 2008

    Sê jy, Lo-Ammi!

Los ’n antwoord vir loudavisi. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.