by

gesiënde kersfees

Desember 25, 2008 in Sonder kategorie

Hierdie kaartjie is een van die redes waarom ek hoop het vir hierdie land.

Vir die wat nie weet nie: Die De Vriese woon in ’n oorwegend Moslemgebied; minstens 80% van al ons bure is Moslem. Verder is ek en die geliefde die enigste pale faces in ’n baie groot radius. Laastens praat talle mense Afrikaans as ’n tweede taal, maar nie as ’n huistaal nie.

So, as ’n mens se Moslembure vir jou só ’n kaartjie bring, kan ek nie anders nie as om die wense te deel met almal wat hier lees. Aan almal, dus:

gesiënde kersfees

mag die Jire jou gesin meer spaar vir die jare te kom.

18 antwoorde op gesiënde kersfees

  1. NARITHA het gesê op Desember 25, 2008

    🙂
    Geniet die dag.
    Hugs

  2. Ek sien die Kersfees.
    Geniet die dag.

  3. Ou-Top het gesê op Desember 25, 2008

    Dagsê Izak, mag julle dag geseënd wees. Eienaardig dat die wat ons land die ergste kritiseer altyd n uitlander moet wees. Ja, as hulle eers daar buite sit is hulle verskriklik slim, maar ons wat woon, ons weet dat dinge slegs gaan verbeter as die gesindheid teenoor mekaar binne in ons harte gaan verbeter. En dit sien ek elke dag om my gebeur, ons harte is besig om te verander. God se genade.

  4. Izakdv het gesê op Desember 25, 2008

    Dankie, Beertjie! Jy ook.

  5. Izakdv het gesê op Desember 25, 2008

    Lou, mooi dag vir jou!

  6. Izakdv het gesê op Desember 25, 2008

    Ou top. Dis waar, harte verander. En hierdie kaartjie het my hart geraak.

  7. tronkie het gesê op Desember 25, 2008

    En daar gee my hart ‘n ruk – so mooi. Jy moet ‘n wonderlike dag he met die mense van jou hart, Izak.

  8. hutton het gesê op Desember 25, 2008

    😉

  9. Dis die stuffs wat my huis toe laat verlang met ‘n traan in die oog en ‘n glimlag in my hart. Hierteen kan Breyten se geskrifte nie kers vashou nie: selfs al sou ek dat dit wou. En ja, ons Kasies het vanaand na die geskenke en die kersboom en die kalkoen op ‘n ry gesit en seer gelag na Leon Schuster se geweld op ‘n DVD gekyk… en die weemoed hoor grom.
    Geseënde somerkersfees vir jou & jou geliefdes, Izak.

  10. katrina het gesê op Desember 26, 2008

    Sjoe, dis so ongelooflik mooi. As ek julle is, raam ek dit!

  11. Ceara het gesê op Desember 26, 2008

    Dis wonderlik Izak! Hou hierdie kaartjie vol hoop veilig iewers..

  12. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Dankie, Tronkie! Hoop jou dag was ook mooi!

  13. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Dankie, Maankind. Ek sal die soentjie oordra!

  14. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Hallo Hutton!

  15. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Dankie, Boekevat! Kom kuier maar weer eendag hier in die warm land!

  16. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    AardEngeltjie, jy’s doodreg!

  17. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Katrina
    Ek dink dis ‘n puik gedagte!

  18. Izakdv het gesê op Desember 27, 2008

    Ek gaan so maak, Lorinda!

Los ’n antwoord vir katrina. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.