by

Tutu se kinderboek: God’s Dream

Desember 22, 2008 in Uncategorized

Mag ek julle voorstel aan ’n wonderlike kinderboek? Desmond Tutu en Douglas Carlton Abrams het saamgespan om God’s Dream te skryf.

Carlton Abrahams doen gereeld sulke “collaborations” met bekendes, en hierdie een is regtig iets om te besit.

Die pragtige kunswerke is deur LeUyen Pham.

Ek wil nie te veel sê nie, want ’n mens moet die boek self lees, maar as jy iets weet van Tutu, sal jy weet dat versoening en medemensliefde die beeld is wat hy graag wil voorhou as hy oor God praat. Daarom sê die boek …


… dit maak nie saak hoe jy bid nie.

Wenk: Ek het die goedkoopste weergawe van die boek op Kalahari gekies vir die skakels hierbo, maar Exclusive Books s’n is goedkoper. Hardloop om een te kry.

Maar: Selfs Exclusive’s s’n is egter duur, want die boeke word ingevoer.

Ek stook tans hard aan een van die groot plaaslike uitgewers om Afrikaregte te kry op die boek. En, het ek reeds gesê, Izak wil graag die Afrikaanse vertaling doen. (Ek sal dit gratis en verniet doen, het ek gesê, kry net die regte!)

10 antwoorde op Tutu se kinderboek: God’s Dream

  1. abrham het gesê op Desember 22, 2008

    hoop jy kom reg

  2. Izakdv het gesê op Desember 22, 2008

    Ek sal sê as ek iets weet, Abrham.

  3. sprokie het gesê op Desember 22, 2008

    Ek stem, gatvol vir buitelanders wat ons so melk. Waarom so baie geld betaal vir iets local? Dankie Izak, dit lyk wonderlik! Hoop jy kry die regte!

  4. Hoop dit gebeur! Het jou Thunderbird storie geniet.

  5. Dit lyk absoluut pragtig…gaan self probeer om dit onder oe te kry (ook vir my 3 kleintjies)

    Sterkte met jou poging!

  6. Izakdv het gesê op Desember 23, 2008

    Ons werk aan Afrika-regte, Prinses. Die probleem is dat dit gewoonlik goedkoper is vir ons om boeke in die buiteland te koop as om hulle self te maak. Klink vreemd, nie waar nie?

  7. Izakdv het gesê op Desember 23, 2008

    Konyn, jy maak my oggend! Dankie.

  8. Izakdv het gesê op Desember 23, 2008

    Palomino. Kry dit. Dis ‘n kleinnood en jou drie sal mal wees daaroor.

  9. Ceara het gesê op Desember 23, 2008

    baie interessant.. ek hoop die afrika regte werk uit vir jou.

  10. Izakdv het gesê op Desember 23, 2008

    Iemand behoort dit te kry! Ek wil dit net goedkoop uitgee hier! Dankie, Lorinda.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.