by

Beste Breyten

Desember 21, 2008 in Sonder kategorie

Julle weet seker Breyten het weer Suid-Afrika oor die kole gehaal weens al die misdaad (om dit sag te stel).

Simon Barber se inskrywing “A response to Breytenbach“, op sy blog, is die moeite werd om te lees. Dit is sag, vriendelik en intelligent. En dit laat ‘n mens dink.

10 antwoorde op Beste Breyten

  1. NARITHA het gesê op Desember 21, 2008

    More Izak lekker dag.

  2. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Hi Beertjie
    Dankie vir die inloer!
    izak

  3. katrina het gesê op Desember 21, 2008

    Gelees – ja, ek stem saam – daar is min plekke met hierdie diversiteit en veral ook humor!

  4. hutton het gesê op Desember 21, 2008

    😉

  5. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Inderdaad, Katrina

  6. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Hallo Festive Hutton!

  7. tronkie het gesê op Desember 21, 2008

    With lifted head singing so proud – dis baie mooi. Jy het die artikel met die regte woorde beskryf Izak.

  8. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Dankie, Tronkie.

  9. sprokie het gesê op Desember 22, 2008

    Dankie Izak, ek is deurmekaar, want dit is ook maar net ‘n mindset. Die vraag is, is dit ewe maklik vir almal om kop omhoog te hou?

  10. Izakdv het gesê op Desember 23, 2008

    Prinses. Ek het baie vriende en familie wat reeds die land verlaat het. Ek verstaan. En ek moet erken dat daar dae was (en is) waar ek self na die tralies voor my venster sit en kyk en dink, moet ek vir die res van my lewe in ‘n tronk bly om veilig te wees?

    Maar, om net eenvoudig /een-voudig/ een-vlakkig te sit en kritiseer, wat help dit?

    Ons MOET korrupsie ontbloot en kritiseer. Ons MOET Jacob Zuma se pogings om die reg te verkrag met sy duur prokureurs (waarvoor my belastinggeld betaal), kritiseer.

    Maar dan kritiseer ons goed wat kan verander.

    Die enigste manier waarop ons ‘n beter lewe vir ALMAL in Suid-Afrika kan bewerkstellig, is om ‘n beter lewe vir ALMAL te bewerkstellig.

    Dit sluit in:
    – ‘n Basiese betaling aan almal om kos op hulle tafels te sit.
    – Beter polisiëring in die arm buurte, dus moet die polisie opgelei word en die slegtes gefire word
    – beter onderwys, dus moet vrot onnies gefire word
    – beter staatsdepartemente, dus moet lui, slapgat, nikswerd mense in die staatsdiens gefire word.

    Ek het nie pyne daarmee as jy spesifieke goed rondswaai en internasionaal druk plaas op die regering om daaroor iets te doen nie.

    Ek het wel ‘n pyn as ‘n mens cluster bombs gooi en mense beseer wat niks met die saak te doen het nie.

    izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.