by

Gooi self skoene

Desember 19, 2008 in Sonder kategorie

Daardie skoene wil nie ophou vlieg nie.

Jy kan nou self skoene gooi na Bush. Ek het hom al agt keer raakgegooi! Die speletjie het die wonderlike naam: http://www.sockandawe.com/ (Wie kan die oorspronklike “shock and awe” onthou? As jy kan, sal jy dubbel so hard wil seker maak dat jy die moroon raakgooi.)

En kyk net wat het Zapiro gedoen daarmee, dis WONDERLIK!

19 antwoorde op Gooi self skoene

  1. Berwick het gesê op Desember 19, 2008

    Ek dink dis destyds genoem ‘Operation Iraqi Freedom’. Of dalk was dit net CNN.

  2. he – klink na fun!

  3. Het nog van my Dog Martins wat ek nie meer dra nie.
    Hehe…oulik!

  4. sprokie het gesê op Desember 19, 2008

    LOL, dankie, hierdie was moerse fun!

  5. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Berwick, dis reg, maar die eerste golf aanvalle, wat bestaan het uit “smart bombs” en “cluster bombs” is gedoen deur die lugmag. En die idee was “shock and awe” om die troepe op die grond te laat verstaan daar is nie ‘n kans dat hulle gewere teen dié goed kon standhou nie. Dit is dan ook die “shock and awe”-fase genoem. (Voorts is die media altyd ingelig waar die bomme gaan val, sodat die Amerikaners by die huis die “awe” kon ervaar.)
    Vroue het geabborter tydens daardie tyd, en noodwerkers het vertel hoe vreesbevange die kinders was.
    Die Yanks het bomwerpers gebruik wat baie hoog vlieg, jy het dus nie die vliegtuie gehoor nie, net skielik die bomme.

  6. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Gaan haal al jou frustrasie uit, Konyn!

  7. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Lou, nou praat jy!

  8. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Plesier, prinses!

  9. NARITHA het gesê op Desember 20, 2008

    Cool ek het hom ook so 8 keer raak gegooi.
    Lekker dag.

  10. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Wonderlik, Beertjie! Knap gedaan!

    My vriend Awie het laat weet: “Awe, I missed, what a shock!”

  11. katrina het gesê op Desember 20, 2008

    Tien keer geraak! Haha!

  12. Izakdv het gesê op Desember 20, 2008

    Jy’s die skoengooikampioen, Katrina!

  13. Het die Zapiro-link gaan kyk.

    Hehehehehehe. Briljant {-;

  14. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Jy kan vanaand, as dit donker is, weer, Maankind!

  15. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Ek stem, Klarisabet!

  16. Berwick het gesê op Desember 21, 2008

    Absurd hoe kliniese woorde gebruik word om die onbeskryflike te beskryf. Ek onthou hoe die Withuis-woordvoerder op ‘n verhogie verskyn het en gesê het: “The liberation of Iraq has begun.” Hy het toe vinnig weer verdwyn. Geen vrae is toegelaat nie.

  17. Izakdv het gesê op Desember 21, 2008

    Inderdaad, Berwick. En nou het Bush self erken dat die hele ding op “swak intelligensie” berus het …

  18. Zapiro is n meester!

    Die les: Moenie ooit iemand vertrou wat meer beeste as boeke het nie!

  19. Izakdv het gesê op Desember 22, 2008

    Blerrie goeie voorstel! Dankie BigBigJoe

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.