by

Goggas

November 27, 2008 in Sonder kategorie


Een van die redes waarom ek van fotografie
hou, is dat dit jou stadiger laat stap en fyner laat oplet.

 

Ek kan ure in die bos sit en doodstil wag vir
iets om te gebeur. (In die stad kan ek nie stilsit nie, hier jeuk my agterent.)
Dis lekker om leeus af te neem en olifante is fantasties, voëls is ’n kuns,
maar goggas is ewe interessant.

 

Kyk nou hier – die een lot is so bont, dit lyk
of hulle ontwerp is deur iemand op LSD, die ander een is so mooi gekamoefleer
dat dit selfs hierdie foto (wat veel groter is as die waarheid) moeilik is om
te sien.

 

Ek het hierdie twee foto’s laas naweek geneem
– minder as 100 m van mekaar af.

 

Bietjie soos ’n boek, nie waar nie? Jy kan
vinnig deurdraf agter die storie aan, of proe-proe lees aan die lekker agter
die storie.

23 antwoorde op Goggas

  1. Berwick het gesê op November 27, 2008

    Baie mooi, Izak.

  2. Baie mooi. Mikro-fotografie is een van my gunsteling style.

  3. Izakdv het gesê op November 27, 2008

    Dankie, Berwick

  4. Izakdv het gesê op November 27, 2008

    Hallo Droomkind. Dis nogal moeilik, ek mis nog meer mikrofoto’s as wat ek regkry. Diepte van veld is so kritiek dat halwe milimeter alles opvoeter.

  5. Ceara het gesê op November 28, 2008

    Izak, vertel ons meer van daardie LSD ondervinding 🙂 dis pragtige fotos, ek hoop jy gaan meer plaas.

  6. Die onderste een werk seker vir die weermag … hehehe… Mooi stukkie werk …

  7. sprokie het gesê op November 28, 2008

    Pragtig, kan nie nie kontras glo nie, 100m?
    o, dankie vir jou inset op my blog, dit is baie interessant!

  8. dina_vw het gesê op November 30, 2008

    Izak, ek weet jy hoor dit seker baie, maar ek wil net sê- ek’s pas klaar met byna liefde, en het dit terdeë geniet. Dankie!

  9. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Dankie, Toktokkie, ek hou ook van die die laphoedfoto.

  10. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Bont, Lorinda!-)

  11. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Hi Leon
    Dis hoekom ek so stadig lees aan lekker boeke – en steeds mis ek die goggas!

  12. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Ek stem, Ludwig, en die boonste twee vir Benneton!

  13. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Dankie, Prinses!

  14. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Cicero, ek dink nie ek sal dit OOIT genoeg hoor nie!
    Dankie dat jy laat weet het!

  15. Goeie foto’s die, Izak.
    jy’s ‘n man met ‘n skerp oog.

  16. Oe, dit is erg mooi! Omdat daar nou nie eintlik ‘n big five in Nederland is nie, let my kinders nogal op goggas (beesten) en kan hulle behoorlik in vervoering raak. Ek gaan vir hulle die foto’s wys.

  17. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Dankie, Lou!

  18. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Boekevat, dis wonderlik vir kinders om skerp ogies te hê. Dit was my knaap wat daardie gekamoefleurde gogga eerste gesien het!

  19. tronkie het gesê op Desember 1, 2008

    mooi! Is die onderste dingetjie ‘n mierleeutjie – lyk amper so, maar ek dink ‘n mierleeu het ‘n dikker lyfie.

  20. Dis nou eending wat lekker is van die platteland. Mens is heeltyd in die “bos”.
    Mooi foto’s !!!!

  21. Izakdv het gesê op Desember 2, 2008

    Ek weet nie, Tronkie. Dit het half soos ‘n sprinkaan gelyk.

  22. Izakdv het gesê op Desember 2, 2008

    Jy’s gelukkig, Mam Parra!

  23. Izakdv het gesê op Desember 2, 2008

    Dankie, Heros!

Los ’n antwoord vir tronkie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.