by

Soentjie

November 24, 2008 in Sonder kategorie


 

Ek kom terug uit die bos, en vind Joan Hambidge se resensie (dankie Ou Top dat jy kom sê het).

 

Joan sê:

 

En een
van die belangrikste teoretiese tekste oor die liefde is Roland Barthes se ’
n Liefdesdiskoers. Dié Franse
teoretikus wys op liefhê as ’n semiotiese tekensisteem wat jou oorweldig: Die
Geliefde word jou hele universum waarin elke teken jou herinner aan hom of
haar.

 

Daar in die bos is die universum groot en
groots. ’n Mens sien weer sterre. En dan is dit lekker om die geliefde saam met jou te hê.

 

Awie Badenhorst, het sy lang lens gebruik om paparazzo
te speel. Dis hy wat die foto hierbo geneem het.

15 antwoorde op Soentjie

  1. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Heros, ek het omgedop gisteraand!

  2. Haai, dis so fraai!
    Hoe lekker om jonk en verlief te wees.

  3. katrina het gesê op November 25, 2008

    Mooi kiekie die!

  4. Is that you and a Lady Love in the photo? My Afrikaans is sucking today 🙂

  5. Lekker om telkens terug te keer na die dinge wat werklik saakmaak. {-;

  6. Ou-Top het gesê op November 25, 2008

    My dogter het my vorige kommentaar geskrap; sy baklei met my; sê dit is onvanpas en outop-agtig. Sy skaam haarself vir my.

    Maar steeds geluk Izak,as Prof Hambidge sulke goed skrywe oor n boek, moet jy weet, jy mag maar skryf. Ek weet ons gaan nog baie boeke uit jou pen op die rakke sien.
    As jy voel ek het n goeie roskam nodig, doen dit, my vried. Ek moet leer om n wagter voor hierdie blêrrie mond van my te sit.

  7. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Dankie Lou. Dis lekker om weer “jonk” genoem te word!

  8. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Dankie Katrina, dis ‘n vriend wat dit geneem het!

  9. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Sieltjie, dis wonderlik dat jy dit gaan herlees! Ek hou ook daarvan om boeke te herlees!

  10. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Dankie, Boekevat!

  11. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    That’s right Jen, that’s me wife!

  12. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Inderdaad, Klarisabet!

  13. Izakdv het gesê op November 25, 2008

    Ou Top, ek is baie teleurgesteld dat jy dit geskrap het. Jy’t ‘n baie mooi ding geskryf, wat ek gelukkig vinnig kon lees voor dit verdwyn het. Jou anname dat my vrou manlik is, wel, dis natuurlik verkeerd, maar die res van die woorde was wonderlik! Ek wil eintlik ‘n slag daaroor ‘n blog afstaan!
    DANKIE!

  14. Izakdv het gesê op Desember 1, 2008

    Suz, dis wragtie die beste stukkie kommentaar wat ek in JARE gehoor het!
    izak

Los ’n antwoord vir klarisabet. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.