by

My biograwe

November 16, 2008 in Sonder kategorie

Om nou op een dag twee (drie?) biografiese
werke te sien oor myself, is nogal interessant.

 

Van die Prinses se stuk het ek julle al
vertel.

 

En toe kry ek tyd om LitNet se nuusbrief te
lees en sien Erika Terblanche het haar ATKV-album opdateer en my profiel
ingesit. Erika is ’n verstommende mens wat daar in NALN se argiewe gaan krap en
dan haar profiele saamstel.

 

Dan kan ek ook nie anders nie as om HJ se
kommentaar op my blog te plak:

 

Izak, na ek jou boek gelees het, het ek
besluit jy ly nie net aan ‘n tepelfetisj nie maar ook aan ‘n tietie-ene, tone-ene, ore, boude, bene, tafels en stoele en … jy klink vir my heel normaal.

 

Daar het julle dit. Ek is te jonk om ’n
outobiografie te skryf, gelukkig, dus, dat ander my so goed opsom! Ek erken dat
’n mooi agterstewe my laat glimlag. Die een hieronder is my vrou s’n. Ons is al
vyftien jaar bymekaar. (Kan julle sien hoekom?)

 

13 antwoorde op My biograwe

  1. tronkie het gesê op November 16, 2008

    Mooi so Izak – ek kan sien hoekom – julle lyk gelukkig – en baie normaal.

  2. Ceara het gesê op November 16, 2008

    Ek dink HJ se kommentaar is baie goed! 🙂

  3. Dankie vir die link na Erika Terblanche se ATKV-album toe. Ek het nou al male sonder tal van hier af iets by NALN probeer soek ZONDER SUCCESS!!

  4. sprokie het gesê op November 16, 2008

    Wow, indrukwekkende CV mnr de vries! Lol, kerk klok toutjie in die een hand, en kennis van die aand in die ander! Is een of ander mev dominee nie 60 keer seksueel geprikkel deur hierdie bose roman nie?

    En my vermoedens oor die afrikataal was toe reg;)

  5. Ek weet nou nie of ek ‘n bril kort nie maar ek kan nie veel van die boude sien nie. Die broek sit bietjie los… In plaas van dikker uitsit krimp sy mooi…

  6. NARITHA het gesê op November 17, 2008

    🙂

  7. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Dankie, Tronkie!

  8. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Dankie, Toktokkie, ek stem oor daardie boudjies!

  9. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Ek dink ook so, Lorinda!

  10. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Boekevat, dis jammer, en snaaks, want NALN probeer gewoonlik nogal.

    Veral as jy mense soos Erika raakloop.

  11. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Prinses, Jy’s reg oor daardie bose roman, ek het vergeet van daardie insident!

  12. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Ludwig, sy saljou ewig dankbaar wees!

  13. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Hallo Beertjie
    Altyd lekker as jy inloer!

Los ’n antwoord vir NARITHA. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.