by

Skrywer, geskryfde

November 14, 2008 in Sonder kategorie

Het julle Die Prinses se stuk oor my gesien op
haar blog? Ek voel baie gevly daaroor. Ook, effens uitgefreak, want sy’t my verskriklik
goed opgesom.

 

Ek wil in dié lig ook sommer Tronkie se
benoude vraag beantwoord of ek dan nou regtig ’n tepelfetisj het? Tronkie, die
antwoord is glad nie. Geensins. Een van die karakters is wel bedônerd en hy
maak interessante aanmerkings oor vroumense. Maar, kyk self hoe hy sy praatjies
verander.

 

Een staaltjie sal ek wel deel: Daar is ’n
klein kamee in die verhaal “Diep Blou” van ’n vrou wat so aan haarself vat. Dít
het ek beleef. En die gesprek wat daarna gevolg het, is taamlik na aan die
been. (Die res, besluit maar self.) En, moet ek sê, dit was een van die
mooiste, teerste oomblikke wat ek al ondervind het.

 

Riana Scheepers was stout, maar goed, in die
manier waarop sy die boek aangepak het. Sy’t vroeg al gewaarsku dat haar lees
nie akademies is nie. En dis great. Sy’t haar D laat links lê en kaalvuis
ingeklim.

Tog, en dit is iets wat Riana, opsetlik,
verswyg het: Die karakters praat ander woorde as die skrywer. Ek pak geweldig
baie fiksie tussen my en die boeke. Ook om die mense oor wie skryf, te beskerm.
(’n Hele paar sal hulleself herken, maar ander sal nie.) Daar is ’n vrou wat
reeds (geskok) gereageer het sonder om te weet dat haar niggie se storie gehelp
met van die navorsing.

 

Ek is mal oor mense en hulle stories. En daar
is amazing mense daar buite, ook hier op die blogs.

 

En kyk net: Daar sit iemand in Engeland en
skryf Izak. En sy maak vir Izak amper lewendiger as wat Izak self is.

 

Lank lewe stories!

12 antwoorde op Skrywer, geskryfde

  1. Ja, ek het my beurt ook al gehad. Soms vermoed ek Prinses is met die Helm gebore, want sy sny na aan die been…

  2. Sorsie het gesê op November 14, 2008

    Dis ongelooflik Izak

  3. Izak, na ek jou boek gelees het, het ek besluit jy ly nie net aan ‘n tepel fetisj nie maar ook aan ‘n tietie ene, tone ene, ore, boude, bene, tafels en stoele en… jy klink vir my heel normaal.

  4. Ceara het gesê op November 15, 2008

    En mag jy nog lank vir ons stories skryf Izak.

  5. sprokie het gesê op November 15, 2008

    Daar is net te veel amazing mense daar buite wie se stories nooit vertel is of vertel sal word nie 🙁

    Maar dit moet nogal ‘n uitdaging wees om ‘fiktiewe’ karrakters te skep. Word party mense nie vies as hul hul ervarings iewers raaklees nie? Dis bietjie advies wat ek vra vir die toekoms as ek dalk self wil skryf 😉

  6. Izakdv het gesê op November 16, 2008

    Droom, jy’s reg!

  7. Izakdv het gesê op November 16, 2008

    Hi Daan, dit was indrukwekkend!

  8. Izakdv het gesê op November 16, 2008

    HJ, Ek dink JY’s met die helm gebore!

  9. Izakdv het gesê op November 16, 2008

    Dankie, Lorinda!

  10. Izakdv het gesê op November 16, 2008

    Prinses, ek gaan jou in ‘n aparte blog antwoord, want dis ‘n goeie vraag en het meer as twee reëls nodig.

  11. Ek het ook lekker gesmile toe ek Prinses se stukkie oor jou gelees het. “Peoplewatching…”

    Dis een van die redes waarom die blogs my al meer fassineer. Al die STORIES! Laat mens dink “there’s no such thing as an ordinary life.”

  12. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Dit kan jy weer sê, Klarisabet!

Los ’n antwoord vir hacjones. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.