by

Die reg om te sterf

November 12, 2008 in Sonder kategorie

Boekevat het nou weer ’n ding oopgekrap op
haar blog. Lees gerus self. Ek wil ook daardie boek waarvan sy praat, graag
lees.

 

’n Domineevriend van ons het die ander dag my
vrou gebel en gesê hy moes gaan help na ’n ou oom besluit het die enigste
manier om klaar te maak, is om met sy motor in ’n muur vas te jaag.

 

Ai tog.

 

Ken julle die stunning Kanadese fliek Les Invasions barbares deur Denys Arcand,
of te wel The Barbarian Invasions,
soos dit in Engelssprekende lande bekendgestel is? Neem dit uit en kyk dit. Dit
is werklik ongelooflik.

 

En, as julle ooit Dancing with Mr D, deur die Nederlandse skrywer Bert Keizer
raakloop, koop dit.

 

Nou die ander dag was ek by ’n ete waar ’n
paar interniste so oor die saak gepraat het. Dit kan gebeur, al is dit
onwettig. Ook heel interessant om te hoor hoe húlle eendag sou wou gaan as die
einde naby is.

 

Terloops, jare terug het ek ’n kortverhaal oor
genadedood geskryf. Toe bel ek ’n klompie mense en vra raad: Hoe om vinnig te
sterf? ’n Hele paar het nogal benoud geraak toe ek met hulle daaroor uitvra, en
talle het geweier om te antwoord. (Ek het uiteindelik die verhaal geskryf, maar
nie die resep gepubliseer nie.) Die verhaal “Op die lewe” is destyds in Kom slag ’n bees opgeneem. (Die
verwysing kom, terloops, weer Byna Liefde
voor, vir diegene wat bereid is om verby die tepels te lees 😉

 

15 antwoorde op Die reg om te sterf

  1. tronkie het gesê op November 12, 2008

    Nee hel, ek weet nie – die tepels klink vir my na pornografie. Het jy regtig ‘n obsessie daaroor? Lelik van my om dit te vra. Ek kry die oom jammer – dis hartseer. Ek het al vir my ‘n boom gekies, maar ek wou nog nooit regtig in hom vasjaag nie.

  2. sprokie het gesê op November 12, 2008

    Ek dink dit bly jou keuse. Waarom is dit wettig dat ‘n familie masjiene mag afskakel sonder jou medewete, maar nie om jou by te staan as jy ‘n rassionele besluit neem om jou lewe te eindig nie?

  3. sprokie het gesê op November 13, 2008

    Oor Obama: In essensie stem ek saam met jou.

    Dit maak my egter net vies hoe party mense nou net weer dollar tekens sien met die nuwe bedeling aan bevind. Radiohead is van Brittanje, en ‘n ware fan sal in elk geval weet dat hul vrye denke aanhang. hul had nie nodig om te verkondig dat hul Obama aanhang om dit aan my te bewys nie. Dit voel net vir my of hul nou ‘n gaping gesien het om hul nuwe CD te bemark.

    En bemarking, aan die anderkant, is vir my juis ‘n meganisme wat vrye denke kan teenvoeter. Maar dalk is dit net ek….

  4. Ceara het gesê op November 13, 2008

    Izak daardie fliek is inderdaad briljant – en ek sal beslis uitkyk vir Keizer se boek – baie dankie.

  5. Een van my top tien flieks of all time.
    As jy jpou hande op Witnesses (Fr.) kry, kyk dit ook gerus.

  6. The Barbarian Invasions was ongelooflik!!!

  7. NARITHA het gesê op November 14, 2008

    Geniet jou naweek.

  8. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Hi, Tronkie, nee jong. Dit was ‘n wille resensie daardie! Ek het nie sulke moeilike woorde nie!

    Byt vas, dis altyd lekker om van jou te hoor!

  9. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Prinses, ek sê mos, jou moet koningin word!

  10. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Jy sal dit geniet, Lorinda. Kyk ook uit vir sy boek oor Witgenstein.

  11. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Reptiel, ek gaan hom soek! Dankie!

  12. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Inderdaad, Iegiebieg!

  13. Izakdv het gesê op November 14, 2008

    Dankie Beertjie!
    Jy ook!

  14. Haai Izak, dit maak my lam as ek so agter raak met die lees van almal se blogs. Ek sien nóú eers die inskrywing van jou!Ek het nog nie Keizer se boek gelees nie, gaan hom soek!

  15. Izakdv het gesê op November 17, 2008

    Ek raak ewe agter!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.