Puik resensie!
November 3, 2008 in Sonder kategorie
Daar is vandag in Beeld ’n wonderlike resensie deur Theo Kemp oor Byna Liefde.
Ek sê mos, moenie ophou resensies lees nie!
En dan
het HJ my hart verder bly gemaak met hierdie woorde op my blog oor daardie
onderhoud met Breyten:
Ek
verstaan nie die weerstand nie! Jou resensie was kreatief en uitdagend en ek
het die dêm ding gaat staat en koop.
Jou resensie het duidelik die leser se intellek respekteer en baie oorgelaat om
‘n eie mening te vorm.
Jy het MOEITE gedoen. Die resensie is duidelik die produk van baie dinkwerk.
(?)Wat meer kan ‘n skrywer vra.
Die
soort resensie wat enige skrywer sou wou raam.
Waaroor gaan ons nou debat voer?
ludwig.heuer het gesê op November 3, 2008
Geluk met hierdie mooi resensie…Dit is mos nou iets wat mens kan lees en verstaan.
Maangodin het gesê op November 3, 2008
Baie geluk met die goeie resensie, Izak. Dit moet lekker voel!
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Dankie Ludwig!
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Maankind, met plesier!
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Dankie, Sorsie!
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Inderdaad, Annelise, inderdaad!
wild1 het gesê op November 3, 2008
Ai, ek het vandag met Byna Liefde in my hand gestaan, en toe besef ek het net nie geld om dit ook nou te koop nie! (Ek’t gekoop op ‘n first-find-first-buy basis) Maar ek is nou al so nuuskierig, ek kan myself skaars inhou! So ek’t nou besluit, volgende maand 1e ding:)
tronkie het gesê op November 3, 2008
Trots op jou – jy is ons IzakdeVries.
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Willemien, ek verstaan. Boeke is duur! Laat my weet as jy wel daar uitgekom het!
izak
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Jy’s riem onder die hart, tronkie!
Izakdv het gesê op November 3, 2008
Dankie Therina, dit was ‘n lekker een!
izak
Ou-Top het gesê op November 3, 2008
Mooi so Izak. Ek hou niks van resensente nie. Stem saam met Ludwig, hierdie een is verstaanbaar. Resensente, sien ek, is gewoonlik ook self skrywers . Sal die vervaardiger van Mercedes Benz nou ooit skrywe dat n BMW n goeie kar is?
Maar tien jaar is te lank Izak, daaraan moet jy werk. Het ook met hom in my hand gestaan en klaar geskimp dat dit n gawe krismisboks sal wees.
Ceara het gesê op November 4, 2008
Baie geluk Izak, en hou hom veilig iewers!
Izakdv het gesê op November 4, 2008
Dankie, Ou Top
Jy’t punt beet oor die BM’s en die Mercs. Die probleem is ons maak almal uiteindelik boeke uit dieselfde onderdele!
Ek sal probeer om nie weer tien jaar te wag nie!
izak
Izakdv het gesê op November 4, 2008
Dankie, Lorinda. Sal so maak!