by

Verdraaide titel

November 1, 2008 in Sonder kategorie



Die titel wat die lekkerste lag in ons
vriendekring veroorsaak het, is Milan Kundera se
Immortality.


Liewe vriendin Liz, heel goed gekerk in haar
jeug, kon haar hande nie van die boek afhou na ek dit gekoop het nie. Sy trek
toe dus weg voor ek nog dit kon lees. Dis ’n dík boek, vir diegene wat dit nie
ken nie.

 

Halfpad deur moes sy bieg: Sy’t weer deeglik
na die titel gekyk en besef sy’t al die tyd verkeerd gelees. Sy’t gedink die
titel is “
Immorality”.

 

Liewe Lizzie het die boek wel klaar gelees en
toe kon ek ook.

 

Op ’n soortgelyke noot: Ken julle PG du
Plessis se
The married man’s guide to adultery? Dit gaan
oor die “adulterations” in die wêreld. Werklik pragtig, maar jy gaan min tips
daarin vang oor hoe om ’n affair te hê!

 

Oor intelligente leesstof oor affairs en die
verwante konsekwensies, lees liewer Maangodin Annelise se Maanvrug.


10 antwoorde op Verdraaide titel

  1. antsussa het gesê op November 1, 2008

    Isakkie, ant Sussa het inderdaad ‘n getekende kopie van die liewe PG se ‘The married man’s guide to adultery’ op haar rak. Hy het vir ant Sussa ‘n baie persoonlike boodskappie voorin geskrywe.

    Die avonture van Annalind en Petey B het haar vasgevange gehou.

    Maar dan, dan het ant Sussa mos die ding oor PG. Maar oor hom praat sy nie. Dis toentertyd se dinge.

    Ai, Isakkie, moes jy nou?

  2. antsussa het gesê op November 1, 2008

    Aan die ander kant, Maanvrug het ant Sussa ook weer op ‘n ander manier aangetas…

    Lisatjie weet voorwaar hoe om die knoppies te druk!

  3. sprokie het gesê op November 1, 2008

    Klink soos ‘n moerse antiklimaks…

  4. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Sorsie. Kliek net op die skakel, of op die voorblad, dis gekoppel aan Kalahari.
    Izak

  5. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Ai Ant Sussa.
    Pieter is ‘n man wat ding doen, nie waar nie?
    Ek kan ook spog met ‘n getekend kopie van die boek.
    Ek wil nou sy nuutste in die hande kry.
    Oor Annelise. Inderdaad, sy kan knoppies druk!
    izak

  6. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Na 400 bladsye, prinses!

  7. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Therina
    As die tyd reg is, dan kan julle maar saam lees. Koester wat goed is! Maanvrug handel juis oor twee mense wat baie lank, baie lief is vir mekaar.
    izak

  8. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Hi Cindy. No comment?
    izak

  9. Ceara het gesê op November 2, 2008

    LOL!! Hmm.. Dit het darem goed uitgedraai op die ou einde, sy het ‘n goeie boek gelees. Ek dink Immortality is een van sy beste.

  10. Izakdv het gesê op November 2, 2008

    Ek is ook mal daaroor, Lorinda!

Los ’n antwoord vir antsussa. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.