Verdraaide titel
November 1, 2008 in Sonder kategorie
Die titel wat die lekkerste lag in ons
vriendekring veroorsaak het, is Milan Kundera se Immortality.
Liewe vriendin Liz, heel goed gekerk in haar
jeug, kon haar hande nie van die boek afhou na ek dit gekoop het nie. Sy trek
toe dus weg voor ek nog dit kon lees. Dis ’n dík boek, vir diegene wat dit nie
ken nie.
Halfpad deur moes sy bieg: Sy’t weer deeglik
na die titel gekyk en besef sy’t al die tyd verkeerd gelees. Sy’t gedink die
titel is “Immorality”.
Liewe Lizzie het die boek wel klaar gelees en
toe kon ek ook.
Op ’n soortgelyke noot: Ken julle PG du
Plessis se The married man’s guide to adultery? Dit gaan
oor die “adulterations” in die wêreld. Werklik pragtig, maar jy gaan min tips
daarin vang oor hoe om ’n affair te hê!
Oor intelligente leesstof oor affairs en die
verwante konsekwensies, lees liewer Maangodin Annelise se Maanvrug.
antsussa het gesê op November 1, 2008
Isakkie, ant Sussa het inderdaad ‘n getekende kopie van die liewe PG se ‘The married man’s guide to adultery’ op haar rak. Hy het vir ant Sussa ‘n baie persoonlike boodskappie voorin geskrywe.
Die avonture van Annalind en Petey B het haar vasgevange gehou.
Maar dan, dan het ant Sussa mos die ding oor PG. Maar oor hom praat sy nie. Dis toentertyd se dinge.
Ai, Isakkie, moes jy nou?
antsussa het gesê op November 1, 2008
Aan die ander kant, Maanvrug het ant Sussa ook weer op ‘n ander manier aangetas…
Lisatjie weet voorwaar hoe om die knoppies te druk!
sprokie het gesê op November 1, 2008
Klink soos ‘n moerse antiklimaks…
Izakdv het gesê op November 1, 2008
Sorsie. Kliek net op die skakel, of op die voorblad, dis gekoppel aan Kalahari.
Izak
Izakdv het gesê op November 1, 2008
Ai Ant Sussa.
Pieter is ‘n man wat ding doen, nie waar nie?
Ek kan ook spog met ‘n getekend kopie van die boek.
Ek wil nou sy nuutste in die hande kry.
Oor Annelise. Inderdaad, sy kan knoppies druk!
izak
Izakdv het gesê op November 1, 2008
Na 400 bladsye, prinses!
Izakdv het gesê op November 1, 2008
Therina
As die tyd reg is, dan kan julle maar saam lees. Koester wat goed is! Maanvrug handel juis oor twee mense wat baie lank, baie lief is vir mekaar.
izak
Izakdv het gesê op November 1, 2008
Hi Cindy. No comment?
izak
Ceara het gesê op November 2, 2008
LOL!! Hmm.. Dit het darem goed uitgedraai op die ou einde, sy het ‘n goeie boek gelees. Ek dink Immortality is een van sy beste.
Izakdv het gesê op November 2, 2008
Ek is ook mal daaroor, Lorinda!