by

Resensente

November 1, 2008 in Sonder kategorie

Ek wil gou enkele woorde spreek oor resensente
na aanleiding van twee van inskrywings op my blog.


Ek skryf self resensies. En dis vrek moeilik om ’n goeie resensie te
skryf. Wees dus asseblief bewus daarvan dat ek nie dit het teen resensente nie.

 

Ook moet ek dit duidelik stel dat Cecile
Cilliers ’n paar baie mooi goed oor my werk gesê het. Ek het byvoorbeeld ’n ruk
gelede deelgeneem aan ’n kort-kortverhaalkompetisie en niemand het gedink myne
is goed nie. (Dit was anoniem, sien, so hulle het gedink ek suig!) Ek is dus
baie opgemaak dat die slim dok Cilliers die waarde van my kortwerk raakgesien
het!

 

Dus, jy wen hier ’n bietjie, jy verloor daar
’n bietjie.

 

Wanneer ek ’n boek resenseer, probeer ek altyd
om die werk as ’n geheel te beskou en te woeker met wat daarin in is. Dan
probeer ek verstaan waarom die skrywer sekere goed gedoen het. Ek
gaan dus van die veronderstelling uit dat die skrywer reeds ’n goeie boek
geskryf het, ek moet net uitvind hoekom dit goed is.
Ek het egter ook
al boeke verdoem, maar in al my jare kan ek werklik net een boek onthou wat nie
die moeite werd was om geld op te spandeer nie. En daar was ’n ander een wat
ek, interessant genoeg, minder goeie punte gegee omdat ek gevoel het die
skrywer het kortpaaie gegooi en nie die karakters laat blom nie (wat Cecile oor
myne sê).

 

Oor na Ludwig se wyse woorde:

 

Ek het
nou net die hele resensie gelees en behalwe dat sy sukkel met sms, selfone en
skype is dit nie sleg nie. Sy sê party goed is bietjie dik vir ‘n daalder …
Dit is miskien so gewees toe sy nog “wou” of “kon”, maar ek ken letterlik
dosyne stories wat ek nie wil vertel nie, want mense sal dink jy maak dit op.
Ek dink die resensie was baie goed.

Maar wat sal jy gebruik vir aanmoediging om te verbeter as sy net mooi gepraat
het. Jy moet eindelik vir haar dankie sê …


Jy’s reg Ludwig. En dis hoekom ek sê: Sy het
in 2004 vir my baie woema gegee, en dié keer gaan sy my ook aanmoedig om voort
te gaan!

 

Dan gaan ek Katrina plaas, want sy sê sulke
mooi goed oor Byna Liefde dat ek dit
nie wil laat verbygaan nie!

 

Sonder om
eers die resensie te gaan lees, kan ek raai dat dit dalk te (k)akademies is,
soos wat resensies mos wil wees. Nie altyd ’n skryf uit die hart uit nie, maar
uit die kop uit. Dit gebeur ook, dink ek, wanneer mense puristies op hulle
gebiede raak. Soos musici wat tegnies luister en soms die genot van inleef
luister opgee. Of filmresensente wat dieselfde ding doen. Dalk kom die
deskundiges op ’n punt waar hulle nie meer, soos die algemene publiek, sonder
vooroordele kan waarneem nie? Net ’n gedagte. Ek het
Byna
Liefde baie geniet. En wil amper sê dat
die titel vir my die mees openbarende was. Oor dit wat byna liefde is. Maar nog
nie. Amper. Oor die eksploreer van die kubergenre – dis ’n nuwe werklikheid. As
mens dit ’n werklikheid kan noem… Maar dit het gekom om te bly. En te
ontwikkel. Onder andere. Nog: ek het gehou van jou / die verteller, se eerlikheid
in die sin van “nie wegsteek” nie. Ek praat nou natuurlik vanuit ‘n wat ek
onthou oor wat ek ervaar het. Sal met ‘n tweede lees dalk meer sinvol
kommentaar kan lewer. 🙂


Dankie Katrina. Goeie resensie! -)

 

Ek wil net sê: Ek dink dis belangrik vir
resensente om wel die akademiese en die gewone leser te onthou. Barry Ronge sal
byvoorbeeld sê: Dit werk nie vir my nie, maar vir tienerlaaities sal dit ’n 7
wees. Dan weet Izak hy moet wegbly.

 

As Ronge opgewonde raak oor ’n kunsfliek, sal
ek gaan kyk. Shaun de Waal val in dieselfde kategorie. Leon van Nierop,
daarenteen, is baie bewus van die “gewone” leser. Ek sukkel soms om sy
resensies te ontsyfer, want ek hou van flieks wat hy sterk aanbeveel, maar dan
moet jy mooi luister of hy regtig daarvan hou, of nie.

 

En, op ’n vreemde manier, dink ek, dis wat
Cecile Cilliers ook probeer sê het. Dit het dalk nie vir haar gewerk nie, maar
hopelik sal ’n paar mense nuuskierig word! (Wel moet ek sê: ’n Tannie van my
het vir haar dogter gesê: “Ek is bekommerd oor Izak.” Dis nou na sy Tannie
Cecile se aanmanings gelees het.)

 

Die bottomline van hierdie hele getjommel is:
Mense, as julle wil skryf moet julle die punch vat. Môre, oormôre kom daar dalk
weer ’n goeie, positiewe resensie verby! Crack die bubbly wanneer die resensie
goed is, en skryf harder as die resensie nie goed afgaan nie. Of, as die
gepeupel jou diskwalifiseer, soos op Maangodin se blog!

 

Lank lewe die leser.

10 antwoorde op Resensente

  1. antsussa het gesê op November 1, 2008

    Isakkie, ant Sussa kry darem nou al haar asem terug na Byna Liefde. Maar dit hét haar ‘n rukkie gevat.

  2. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Dankie, Ant Sussa!

  3. Ceara het gesê op November 1, 2008

    Izak hierdie is baie goed geskryf, en jy is reg, as mens skryf moet mens bereid wees om kommentaar te verwerk. Dis natuurlik moontlik om dit te vermy en nooit te lees nie, maar so vermy mens die blymaak goeters ook.

  4. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Dankie, Lorinda. Ek stem.

  5. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Sjoe, Toktokkie.
    Jy sê wat ek nie mag nie!
    Maar lees asseblief die boek en laat weet wat jy dink!
    izak

  6. sprokie het gesê op November 1, 2008

    Ek het na aanleiding van jou skrywe ook iets hieroor begin skribbel, sal dit more pos, ek dink jy sal dalk ‘n paar antwoorde kan gee. Lekker aand!

  7. Vetjan het gesê op November 1, 2008

    Izak, op Lorinda se blog het sy die rykste skrywers ter wêreld gelys.

    JK Rowling is skatryk.

    Op die lysie is hoofsaaklik die tans gewilde Amerikaanse skrywers, Patterson, Grisham , Koontz..vat nou maar iemand soos Dean Koontz of Tom Clancy ..albei skatryk uit hulle boeke.. en hulle skryf regtig nie goeie boeke nie… so hoe relevant is resensies regtig ?

  8. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Prinses
    Ek sal graag lees en antwoord waar ek kan, maar ek is more nie in rekenaarbereik nie. Sal sodra ek kan!
    izak

  9. Izakdv het gesê op November 1, 2008

    Petrus. My vraag is eenvoudig: Wie het die eerste keer hulle boeke raakgesien? Ek is doodseker dit was resensente wat die wêreld gewys het op lekkerleesboeke. As ‘n skrywer eers vlamgevat het, dan trek ‘n boek.
    Maar, hoe anders kry ons die boodskap by mense?
    Goed, ek blog en gaan te kere, maar daar is ander boeke wat maar vertrou op die resensent se doen en late.
    Ek moet egter sê, ek lees eers ‘n klomp resensente. Ek lees gewoonlik nie net een nie!
    izak

  10. Izakdv het gesê op November 2, 2008

    Thanks, Cindy!
    I think that is why we need to read a good many and why we need to learn to suss them out!
    Glad you’re enjoying the book!
    izak

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.