by

Titels

Oktober 27, 2008 in Sonder kategorie

Boekevat se ondersoek na titels het my
voor my eie boekery laat stilstaan. Daar is darem wragtie wonderlike titels in
Afrikaans. Kyk net hier na Ernst van Heerden se Die aamborstige klok.

 

Hoeveel mooier kan jy kry?

 

Jip, ek is jammer, maar die skoonheid het my
ondergekry. Ek sal later snaakse titels soek. My boekery is alfabeties, volgens
skrywer, op die rak, maar omdat elkeen op die rekenaar is, kan ek hulle skommel
soos ek wil.

 

En, weet julle, ek is nog nie eers by A verby
nie, en kyk net watter wonderlike goed is daar om te deel:

Muller, Petra: Die Aandag van jou oë

Roodt, PH:
Afrika
is blou soos ‘n lemoen

von Meck, Anoeschka: Annerkant die longdrop

Olivier, Fanie (samesteller): As
die son kom oog knip

Richard, Dirk: As ‘n kat se naam Bach is

Cussons, Sheila: Die Asem wat ekstase is

 

Hoe gaan ek ooit by Sheila Cussons se Die
woedende brood
uitkom?

 

Dan het ek nie eens die Engelse titel van
Zapiro genoem wat in A voorkom nie: The ANC went in 4×4 (met ’n prentjie
van Yengeni wat die ark binnery).

 

Ek het ook nie stilgestaan by die getalle nie:

du Plessis, PG: 120+ Sommer-stories

van Heerden, Petronella: Die 16e koppie

 

Wil julle nie desperaat weet wat met die ander
15 koppies gebeur het nie?

 

En onthou julle Jan Rabie se 21?
Dalk nie ’n aangrypende titel nie, maar wragtie ’n aardskuddende bundel!

13 antwoorde op Titels

  1. tronkie het gesê op Oktober 27, 2008

    Ek is altyd bly as ek jou blog kan lees – dit maak my rustig – wonderlike woorde: woedende brood, die asem wat ekstase is. Hoop jy is oorit met cecile – ek het eenkeer vir haar ‘n voorblad vir ‘n boek ontwerp – sy het dit met moeite laat deurgaan. Net -net.

  2. Die Aamborsitge klok, is mooi! Ek dink ek onthou nog die eerste uitgawe – so ‘n lang, dun, bruin boek mmet ‘n klok voorop? Lekker om te lees, Izak!

  3. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Tronkie, en jy maak my aand met jou inskrywings. Dankie!

    Ek het gister met seun gespeel, dis hoekom ek nie veel op die blog was nie. Cecile is puntenerig, en dus moet ‘n mens aanvaar as sy jou bykom. Daar was, soos Sorsie sê, ook baie positiewe goed wat ek graag wil onthou!

    Mooiloop!

    izak

  4. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Aah, oom Flenters, inderdaad!
    izak

  5. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Ek sal so maak, Heros!
    Dankie!

  6. wild1 het gesê op Oktober 27, 2008

    ‘Die aandag van jou oë’ is so mooi! Ek gaan ook nou bietjie titels soek:)

  7. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Boekevat, ja, bruin en dun, maar eintlik nogal kort. (Ek het ‘n tweede druk, twee jaar na die eerste.)
    Dag!

  8. Izakdv het gesê op Oktober 27, 2008

    Hi Willemien
    Jy moet ‘n bietjie die bundel lees.
    Groete
    izak

  9. Ceara het gesê op Oktober 28, 2008

    Afabeties gerangskikte boeke…hmm. Jy is so georganiseerd.. Ek kyk hier om my rond na die volgepropte rakke en die stapels op die vloer en dink maar “een dag…” :-).

  10. Izakdv het gesê op Oktober 28, 2008

    Hi Lorinda
    As ek meer georganiseerd was sou dit dalk nie nodig gewees het nie!
    😉
    izak

  11. SureSlim het gesê op Oktober 28, 2008

    Geniet daardie bone! Ek was mal oor Boekevat se ondersoek!

  12. Izakdv het gesê op Oktober 28, 2008

    Dankie Melt.
    Ek stem oor Boekevat!
    izak

  13. Izakdv het gesê op Oktober 28, 2008

    Doen dit gouer as later, Natasja!

Los ’n antwoord vir tronkie. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.